Groot polisieteenwoordigheid vir ‘studente-opmars’ in Pretoria

Deel op

‘n Groot polisieteenwoordigheid is op Kerkplein in Pretoria ontplooi vir die opmars van swart jeugdiges oor sogenaamde “klasgelde” en “dekolonisering van onderrig” na die Uniegebou.

Volgens die Tshwane metro sal 3000 swartes wat gratis toegang tot universiteite eis, en reeds miljoene rande se skade aangerig het, aan die betoging deelneem.

By die Universiteit van Kaapstad, onder leiding van die onbekwame Max Price, het ‘n swart student intussen gevra dat wetenskap afgeskaf word.

In New York het die Kaapse student ondersteuning gehad van ‘n paar verdwaalde betogers wat ‘n brief aan amptenare van die Suid-Afrikaanse konsulaat in die Amerikaanse stad oorhandig het. Die groepie eis daarin gratis “gehalte” onderrig van “gedekoloniseerde tersiêre instellings” in Suid-Afrika.

Die groepie het hoofsaaklik bestaan uit voormalige Suid-Afrikaners wat tans in New York woon wat na die konsulaat opgeruk het in “solidariteit” met die openbare geweld, afbrand van biblioteke en beskadiging van eiendom by Suid-Afrikaanse universiteite.

Die akademiese jaar by die Universiteit van die Wes-Kaap is intussen tot niet nadat formele lesings opgeskort moes word omdat geweld opnuut losgebars het. Miljoene rande se skade is reeds op die kampus aangerig.

Oproeriges het begin geweld pleeg en op ‘n plundertog gegaan nadat die bestuur nie ‘n massavergadering wat deur die studente belê is, bygewoon het nie.

Groot skade is aan die universiteit se eiendom aangerig en meer as twintig studente is in hegtenis geneem.

Die woordvoerder van die UWK, Luthando Tyhalibongo, sê die toestand op die kampus is steeds plofbaar.

Reëlings is glo getref vir voorbereidings vir die eksamen. Hy sê studente kan hul eksamens of in November, of in Januarie volgende jaar skryf.

Die Oos-Kaapse polisie het meer as 30 studente by die Nelson Mandela Universiteit in Port Elizabeth in hegtenis geneem nadat gevegte tussen betogers en die polisie uitgebreek het.

Daar was Dinsdag ook voorvalle van geweld by die universiteit. Van die amokmakers wil nie teruggaan klas toe nie maar die universiteit is vasbeslote om met sy akademiese bedrywighede voort te gaan.

Die polisie sê die studente sal môre in die hof verskyn.

Polisiewoordvoerder, Sally de Beer, sê die studente se ouderdomme wissel tussen 19 en 30 jaar, en hulle is aangekeer in verband met openbare geweld nadat hulle die polisie met klippe bestook het.

Thuli Madonsela, die voormalige Openbare Beskermer die landwye opstand steun, het intussen gepleit dat geweld beëindig moet word, sodat die swart jeugdiges se “griewe” gehoor kan word.

Dit wil egter voorkom asof die amokmakers hulself nie veel steur daaraan nie omdat hulle onverpoos voortgaan om geweld te pleeg en eiendom te vernietig. Dat hul kriminele optrede hul griewe kanselleer het klaarblyklik nog net by ‘n bekommerde Madonsela ingesink.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.