Opposisie verwerp uitslag van Montenegro verkiesing

Deel op

Twee opposisie-alliansies in ­Montenegro het die uitslae van Sondag se parlementêre verkiesings, waarin die eerste ­minister, Milo Djukanovic se party die meeste setels gewen het, verwerp en die regering van intimidasie van kiesers beskuldig.

Djukanovic se Demokratiese Party van Sosialiste het 36 setels, vyf minder as ‘n meerderheid in die parlement met sy 81 setels gewen. Kritici kla dat onreël­matighede by die stemmery opgemerk is.

Sondag is 20 Serwiese burgers in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n “terreurkomplot” gesmee het om staatsinstansies aan te val.

‘n Voormalige Serbwiese polisiebevelvoerder Bratislav Dikic (foto), wat tans aangehou word in Montenegro, is op ‘n hongerstaking.

Dikic is Sondag in hegtenis geneem, voor die parlementêre verkiesing saam met 19 ander Serwiese burgers en word daarvan beskuldig dat hulle “terroriste-aanvalle op instellings wou uitvoer, burgerlikes wou doodmaak, en die premier wou ontvoer”.

Dikic se prokureur sê dat sy kliënt skuld ontken.

Montenegro, ‘n voormalige Joego-Slawiese­ republiek met 620 000 mense, is verdeel tussen diegene wat sterker bande met tradisionele bondgenote in Serwië en Rusland voorstaan en ander wat hulle by die Weste skaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.