Toeareg-vegters blok djihadistiese smokkelroete

Deel op

Ondanks Franse militêre optrede in 2013 om militante Islamitiese groepe in die noorde van Mali onder beheer te bring, is die gebied steeds polities onstabiel.

‘n Aantal uitgedorde brode is al wat in die hoofbakkery van Mali se noordelike woestyndorp, Kidal, oor is.

Die eienaars het die bakkery verlaat toe meelpryse verdubbel het nadat gewapende vegters van ‘n meestal Toeareg-groep verlede maand die dorp geblokkeer het, wat op ‘n hoofsmokkelroete geleë is.

Die blokkade is deel van ‘n bitter stryd tussen opposisie Toeareg-stamme, wat pogings om ‘n 2015-vredesooreenkoms te implementeer om die noordelike deel van Mali en die Sahel te stabiliseer, in die wiele te ry.

Tien miljoene dollar in Westerse hulp, wat aangebied is om die oorsake van die voortdurende Toeareg-opstande in die noorde die hoof te bied, is vir eers opsy geskuif totdat spanning tussen die gewapende groepe, soos die Kidal-blokkade toon, verlig word.

Die afwesigheid van ‘n wettige weermag in die noorde het ‘n leemte gelaat wat bendes Islamitiese militante, toegelaat het om toenemend uitdagend te raak. Hulle is eers verjaag gedurende die Franse militêre operasie van 2013, maar nie verslaan nie.

Om griewe van die sekulêre gewapende Toeareg-groepe op te los, wat uit duisende gewapende vegters bestaan, word gesien as noodsaaklike stap om teenstand te bied teen rondtrekkende djihadiste in die gebied.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.