Klagtes oor droogte stroom in by MRK

Deel op

Klagtes dat die gebrek aan water skendings van menseregte is, stroom in by die SA-Menseregtekommissie in die Vrystaat.

Die kwaai droogte het damme se watervlakke tot krisisafmetings laat daal.

Die Vrystaat is een van die eerste provinsies wat as droogtegebied verklaar is. Inwoners in verskeie dorpe in die provinsie se krane het intussen drooggeloop.

Die Kommissie se Buang Jones sê hoewel die provinsiale kantoor in Bloemfontein gedurende die vorige boekjaar meestal klagtes oor onwettige inhegtenisneminsg en ongelykheid ontvang het, is klagtes oor menseregteskendings wat met die wydverspreide droogte verband hou, aan die instroom.

Jones sê die klagtes wat by hulle kantore ingehandig word, gaan meestal oor ernstige watertekorte.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.