Meer as 500 oproeriges sedert Februarie vas

Deel op

Sedert Februarie is 560 onlusmakers in hegtenis geneem in verband met gewelddadige betogings by universiteite.

Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Khomotso Phahlane het tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria sy kommer uitgespreek oor toenemende voorvalle van brandstigting en die gebruik van petrolbomme op en naby kampusse.

Phahlane sê dié voorvalle is ‘n bewys daarvan dat kriminele elemente die veldtog oor gratis onderwys binnegedring het. Hy sê die polisie sal op die kampusse bly om studente wat eksamen skryf te beskerm en ontwrigtings te voorkom.

Die Universiteit van Pretoria het sy akademiese program deur middel van internet-lesings hervat nadat die kampusse vir weke lank gesluit was, het RSG berig.

Eksamens sal na verwagting op 14 November begin. Die universiteit se woordvoerder, Anna-Retha Bouwer, sê alle lesings en studiemateriaal sal deur die fakulteite aanlyn of op ‘n ander manier beskikbaar gestel word.

Waar kontak tussen lektore en studente nodig is, sal daar via die universiteit se afstandbeheerkanaal gekommunikeer word.

Reëlings om toegang tot rekenaars vir dié studente te verskaf, sal so gou moontlik aangekondig word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.