Hitler-huis gaan platgestoot word

Deel op

Adolf Hitler, berugte Duitse Nazi-leier, se geboortehuis in Oostenryk gaan vernietig word.

Dié besluit is geneem om te voorkom dat dit ‘n neoNazi-monument word.

Die Minister van Binnelandse Sake, Wolfgang Sobotka, sê ‘n nuwe gebou sal ‘n liefdadigheidsorganisasie huisves.

Sabotka sê die besluit is gegrond op aanbevelings van ‘n komitee wat moes besluit wat om met die omstrede gebou in die noordelike dorp Braunau am Inn te doen.

Die huis staan leeg sedert 2011 toe die regering betrokke geraak het in ‘n geskil met die eienaar.

Die vrou se familie het vir meer as ‘n eeu die huis besit waar Hitler in 1889 gebore is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.