Ketting-epos dreig Duitse skole met geweld

Deel op

Verskeie skole in die stad Leipzig in die ooste van Duitsland, het Maandagoggend eposse ontvang waarin hulle met geweld gedreig word, het ‘n polisiewoordvoerder gesê.

Die eposse het gedreig met ‘n massaskietery en verskeie leerlinge is in klasse toegesluit of huistoe gestuur terwyl die polisie die skoolgronde en klaskamers deursoek het.

‘n Polisiewoordvoerder sê die saak word in ‘n ernstige lig beskou en polisiebeamptes is by die skole ontplooi.

Sover bekend is nege skole met geweld in eposse gedreig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.