Verslete ou ANC-gevegte oor wie die beursie hou

Die gewone vervelige ou faksiegevegte binne die ANC wat gereeld as “nuus” in Suid-Afrika aangebied word, is weer opgediep deur wit ANC-lede in Gauteng wat van die etniese Zoeloes in die party ontslae wil raak.

Die “elite” in die ANC veg verbete om posisies en gebruik staatsmiddele daarvoor omdat hulle slegs deur politieke intriges verryk word weens ‘n gebrek aan kundigheid. Die media dink persoonlikhede in die ANC is nuuswaardig want hulle sal dit nie waag om die hele korrupte nes van ‘n bestel te ontbloot nie.

Gauteng-marionet, Pravin Gordhan, en minister van finansies, beweer “verdagte transaksies” van R6,8 miljard is met die Guptas gesluit. Geen “verdagte transaksie” deur die ANC se Gauteng-faksie is nog opgediep nie en aangesien die media Gordhan se sy trawante heelhartig steun, sal dit ook nie gou gebeur nie.

Die anti-Zuma-faksie in die ANC hoop die nuwe intrige sal Zuma by die party se verkiesingskonferensie in Desember volgende jaar in die verleentheid stel.

Dit is dus geen verrassing dat Cyril Ramaphosa ook sy “morele en politieke steun” aan Gordhan toegesê het nie.

“Voorvalle die laaste paar dae wat verband hou met minister Gordhan is ‘n groot bron van kommer vir alle Suid-Afrikaners in alle sektore van ons samelewing. Ek bied my ondersteuning aan minister Gordhan in die klagte wat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) teen hom ingedien het,” het Ramaphosa gesê.

Dit kan egter die meeste Suid-Afrikaners nie skeel wat van Gorhan en sy trawante word nie, want die media kan dit nie waag om hulle buitenissige voorregte te verdedig nie. Die ANC-vetkatte het hul posbeskrywings te danke aan ‘n ideologiese windeier.

Die swart politieke stemme toon te min variasie as hulle begin kerm dat hulle nie kan saam baljaar op die staat se onkoste nie. Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, en Derek Hanekom, minister van toerisme, is die ander kabinetslede wat Gordhan glo steun. Nie een van die drie het enige invloed nie en werk saam met die EFF.

Die EFF het Sondag klagtes ingedien teen die Guptas en Duduzane Zuma, Zuma se seun.

Floyd Shivambu, onderleier van die EFF, het by die Rosebank-polisiekantoor gedreig om die “Guptas en hul hanteerder, Jacob ­Zuma, op hul knieë te dwing” omdat hulle glo genoeg bewyse by die polisie ingedien het. Dit sluit glo geldwassery, afpersing, bedrog en diefstal in.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rooikop

    “Guptas en hul hanteerder, Jacob ­Zuma, op hul knieë te dwing”??? Ek reken eerder dit is andersom.
    Maak nie saak nie in al die gevalle daal die waarde van die rand en dit maak dit moeilik om my werk gedoen te kry aangesien al die toerusting en gereedskap ingevoer word.

  • Mattewis Kat

    Die vraatsug van die inboorling se enigste perk is die grootte van sy aptyt, en laasgenoemde is onbevredigbaar. Noudat die boom van die pappot sigbaar begin raak begin hulle mekaar se rûe dophou vir ‘n oop plek om die mes in te druk. Hulle versekerings aan buitelandse beleggers (dat niks fout is nie) om die mieliemeel te laat aanhou vloei, is lagwekkend! Dis dom mense soos Merkel wat hulle hoopvol hou dat dit sal plaasvind.