Brandstigting, intimidasie by Vaaldriehoekkampus

Deel op

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vaaldriehoekkampus in Vanderbijlpark het vandag en môre alle akademiese en administratiewe dienste opgeskort.

NWU-woordvoerder, Louis Jacobs, sê kampusbestuur het die besluit geneem na aanleiding van onluste op die kampus gister.

Volgens hom het bestuur geen ander opsie as om aktiwiteite op die kampus te staak nie, nadat betogers eiendom beskadig het en personeel en studente geïntimideer het. Daar was ook verskeie voorvalle van brandstigting. Die veiligheid van personeel en studente bly ‘n prioriteit vir die NWU, het hy gesê.

Jacobs sê ‘n voorgestelde massavergadering sal vanoggend gehou word buite die hoofhek van die Vaaldriehoekkampus. Studente gaan glo ‘n memorandum van griewe aan die bestuur oorhandig.

Volgens Jacobs was daar verskeie pogings gister om aktiwiteite by die NWU se Mafikengkampus te ontwrig. Sekuriteit het egter hierdie pogings in die wiele gery.

‘n Groot aantal studente het voortgegaan met klasse en toetse voltooi. Jacobs sê die polisie is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag vandag na inligting bekom is wat daaropdui dat die betogers sal probeer om die kampus te sluit.

Hy sê die NWU sal voortgaan met hulle benadering om nie onlusmakers te duld nie. Aktiwiteite voortgaan soos normaal op die NWU se Potchefstroomkampus.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.