Boer wat swarte raakry doen afstand van borgaansoek

Deel op

Die regspan van Josef van Eeden (34), jong boer van Fouriesburg wat van moord aangekla word op ‘n man wat hy na bewering op ‘n plaas buite Bethlehem raakgery het, het vandag in die streekhof afstand gedoen van Van Eeden se borgtogaansoek.

Die hofsaal was volgepak met lede van die ANC se plaaslike vroueliga terwyl die polisie die straat buite die hofgebou toegespan en gepatrolleer het.

Die saak is deur landdros Patrick Msimanga aangehoor en uitgestel na 2 November. Van Eeden bly tot dan in hegtenis.

Dit volg nadat Van Eeden na bewering ‘n swarte, Johannes Mahlaku (60), op die plaas De Hoek raakgery het wat later aan sy beserings in ‘n Bethlehemse hospitaal beswyk het. Van Eeden het hom daarna aan die polisie oorgegee en is sedertdien in hegtenis.

Van Eeden is reeds in ‘n hofgeding betrokke waar hy van ‘n ander moord aangekla word. Volgens die polisie se woordvoerder in die Oos-Vrystaat, Zweli Mohobeleli, vroeër aan OFM-nuus, word ‘n aanklag van moord op Babiki Abraham Mokoena (33) ondersoek. Van Eeden het hom na bewering op 7 Desember 2015 in die Fouriesburg-omgewing doodgeskiet nadat hy Van Eeden na bewering met ‘n byl aangeval het. Dié saak word op 1 en 2 November in die Bethlehemse streekhof aangehoor.

Altesaam 37 plaaswerkers van die Van Eedens was ook by die hof om die gesin te ondersteun.

Van Eeden se regspan is Johan Niemann van die prokureurspraktyk Niemann/Grobbelaar in Bethlehem en Johan Nel van Bloemfontein. Die aanklaer is Tebogo September.

Bron: OFM

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.