Trump daag Clinton uit om dwelmtoets te ondergaan

Deel op

Donald Trump het ‘n briljante uitdaging aan sy Demokratiese teenstander, Hillary Clinton, gestel. Hy het haar uitgedaag om voor hul volgende debat ‘n dwelmtoets te ondergaan.

Trump het aan ondersteuners gesê Clinton was “opgepomp” aan die begin van die vorige debat “en teen die einde was dit asof sy skaars haar motor kon bereik”. Hy het gesê daar moet ‘n verklaring wees daarvoor.

Hy het gesê atlete word aan sulke toetse onderwerp en daarom behoort presidentskandidate ook hulself te laat toets.

Trump het gesê hy sal homself graag laat toets.

As Hilary weier om haarself vir dwelms te laat toets voor die derde debat, is dit redelik seker dat sy een of ander gesondheidsprobleem het wat die media probeer wegsteek.

Beeldmateriaal wat deur ‘n amateur geneem is van haar wat na ‘n bussie gesleep moet word nadat sy ineengestort het by die herdenking van 9/11 in New York, is reeds verdag.

“Die korrupte media knoei met die verkiesing en verkondig vals be­weringe en prontuit leuens in ‘n poging om haar verkies te kry,” het Trump gesê.

Die laagtepunt vir die Demokrate in Amerikaanse presidentsverkiesings is Saterdag se onthulling van nog eposse van Clinton se veldtog-voorsitter, John Podesta, wat bande het met die Russiese mafia, onder meer met Viktor Vekselberg wat miljoene in die Clinton Foundation gestort het, klaarblyklik om Amerikaanse tegnologie te bekom.

Die jongste e-posse wys die Clinton-­veldtog was bekommerd dat senator Elizabeth Warren haar steun aan Bernie Sanders sou toesê en hoe om op onthullings oor Clinton se gebruik van ‘n private e-pos diener te reageer.

Nuwe beskuldigings deur Juanita Broaddrick, wat Bill Clinton daarvan beskuldig het dat hy haar dekades gelede verkrag het, is ook ‘n kopseer vir Hillary. Broaddrick sê Hillary het haar afgedreig na die verkragting om stil te bly.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.