China sal greep op Thailand versterk na koning se dood

Deel op

Koning Bhoemibol Adoeljadej (88) van Thailand wat Donderdag oorlede is, se dood sal China se greep op die land versterk.

Die koning was die wêreld se langs regerende monarg wat langer as 70 jaar aan bewind was nadat hy die troon op 9 Junie 1946 bestyg het.

Thailand het tydens sy bewind tien militêre staatsgrepe, die laaste een in Mei 2014, beleef.

Bhoemibol, ‘n figuur van eenheid, se nalatenskap rus op die leier van die mees onlangse staatsgreep, premier Praioeth Tsjanotsja.

Die Thaise premier, wat simpatiek is teenoor China, het aangekondig dat kroonprins Maha Vajiralongkorn (64) die koning sal opvolg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.