Ekurhuleni kap EFF na grondgrypers toesak

Deel op

Die Ekurhuleni-munisipaliteit het die EFF veroordeel omdat hulle onwettige grondbesettings aanmoedig.

Die party het sy steun vir grondgryp bevestig, nadat sy lede probeer het om grond in private besit in Clayville, Tembisa Saterdag te beset.

Tientalle mense het plakkershutte op onbeboude grond opgerig, en met die metropolisie slaags geraak wat probeer het om hul onwettige aktiwiteite stop te sit.

Die grondgrypers beweer dat hulle net “terugneem” wat aan hulle behoort. Baie het gesê hulle volg maar net die EFF se aanbevelings oor grondonteiening sonder vergoeding.

Maar Ekurhuleni-amptenare het in kommentaar gesê die EFF is onverantwoordelik.

Ekurhuleni se verteenwoordiger vir Menslike Nedersettings, Lesiba Mpya het gesê: “Ek dink die EFF-leierskap het nodig om hul standpunt te hersien want die bestuur van Ekurhuleni is bereid om grond te bekom binne die raamwerke wat dit moontlik maak en dit [die grond] te versprei aan armes. Ons het ‘n pro-aktiewe agenda teen armoede, om as die bestuur van Ekurhuleni, armes te bevoordeel.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.