Swart olimpiese naelloper se dogter doodgeskiet

Deel op

Die dogter van die swart Amerikaanse Olimpiese naelloper, Tyson Gay, is tydens ‘n skietery tussen swartes in Lexington, in die Amerikaanse staat, Kentucky, doodgeskiet.

Die polisie sê Trinity Gay is in die nek gewond toe twee motors met swart insittendes op mekaar geskiet het in die parkeerarea van ‘n kitskosrestaurant.

Volgens RSG het die “motors” op mekaar geskiet. Kennelik wil die SABC nie graag die ras van die insittendes bekend maak nie.

Die tiener is by die hospitaal dood verklaar. Die polisie het die een motor opgespoor en twee swart verdagtes word vir ondervraging aangehou. Die soektog na die tweede motor duur steeds voort.

Trinity was in haar tweede jaar by die Lafayette Hoërskool waar haar pa ook ‘n naelloper was. Sy was die vierde generasie van ‘n familie van naellopers en het verlede jaar vierde geëindig in die 100 meter-eindronde in die staat.

Terwyl die Demokrate teen wit polisiebeamptes uitvaar en wapenbeheer wil instel, het moorde op wittes gepleeg deur swartes, in die VSA toegeneem.

In Chicago, waar streng wapenbeheer geld, is minstens 19 swartes geskiet en ses noodlottig gewond van Vrydagaand tot Saterdagoggend in soortgelyke verbyry-vuurgevegte as waartydens die tiener in Lexington omgekom het.

Daar heers chaos en bloedvergieting in die stad wat 2016 een van die dodelikste jare in Chicago se geskiedenis sal maak, waarin kinders en onskuldige inwoners dikwels met hul lewens boet.

DNA Info berig dat Cook County Staat se Prokureur Anita Alvarez verwag dat Chicago se moordsyfer 700 teen die einde van die jaar gaan haal.

“Wit” misdaadsatistiek in die VSA sluit Spaanssprekendes, Arabiere en Indiërs in, terwyl Afro-Amerikaners as “swart” getel word. Byna twee keer soveel blankes word deur swartes dood gemaak as anders om.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.