Twintig oproermakers van UV kry borg

Deel op

Regter Loyiso Mzana het die 20 studente van die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat vir die onwettige byeenkoms op die Bloemfontein-kampus in hegtenis geneem is, Vrydag gewaarsku om weg te bly van onwettige protes.

Die studente is vrygelaat op gratis borgtog met voorwaardes.

Die voorwaardes sluit in dat hulle by die hof op elke hofdatum moet aanmeld, en nie ‘n ander misdryf pleeg tot dan nie. Hulle moet hul regsverteenwoordiger in kennis te stel indien hulle die Bloemfontein-area verlaat.

Die verdediging het aangevoer dat die beskuldigdes vrygelaat moet word op gratis borgtog omdat hulle nog studente is met geen vorm van inkomste is nie.

Hulle moet weer in die hof wees op 3 November.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.