Meeste klasse hervat Maandag by universiteite

Deel op

Die Universiteit van Pretoria en die Tshwane Universiteit van Tegnologie sal na verwagting Maandag hul akademiese program hevat.

Swart rewolusionêres, meestal druipelinge, en veiligheidswagte het verlede week by die TUT slaags geraak uit protes teen die orde wat die instelling probeer herstel. ‘n Aantal oproeriges is in hegtenis geneem nadat hulle in die middestad van Pretoria betoog het.

Voorlopige aanbevelings van ‘n “klasgeldkommissie”, wat deur president Jacob Zuma in die lewe geroep is, word volgende maand verwag en sal na verwagting sy werksaamhede Maandag hervat.

Alhoewel die rewolusionêres voorgee dat die onluste verband hou met klasgelde, is dit ‘n gerieflike verskoning vir ‘n politieke opstand wat deur Zuma se vyande aangeblaas word met ongeveer 5% van die sogenaamde “studente” wat tersiêre onderrig gekaap het.

Weens die gapende gebrek aan leierskap van die Universiteit van die Witwatersrand se Adam Habib, het swart rewolusionêres die universiteit weer uitgedaag en die aandklokreël verontagsaam. Habib is die rewolusionêres telkens ter wille.

Die universiteit het die klokreël Vrydag ingestel wat bepaal dat studente van tienuur saans tot sesuur soggens nie buite koshuise mag wees nie.

Groepies rewolusionêres het egter buite koshuise saamgedrom, begin dreunsing en geweier om die vereistes van die klokreël na te kom. Daarna het hulle paaie probeer versper. Die polisie het met rubberkoeëls die oproeriges uiteengejaag. Rewolusionêres en die polisie het kort-kort slaags geraak.

By die Universiteit van Kaapstad sal klasse ook na verwagting vandag hervat word. Klasse is geskeduleer om teen die tweede van aanstaande maand klaar te maak, waarna die eindeksamen op die sewende sal begin.

Dit volg na die opskorting van klasse oor die voortslepende onluste die afgelope paar weke.

Die Universiteit van Wes-Kaapland se bestuur en personeel hou “samesprekings met studenteorganisasies” terwyl die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie sy administratiewe bedrywighede na die Wingfield millitêre basis in Goodwood verskuif het om ontwrigting tot die minimum te beperk.

Geboue is verlede week aan die brand gesteek deur die rewolusionêre voorhoede en veiligheidswagte is in een van die brandende geboue toegesluit.

By die Universiteit Stellenbosch gaan klasse normaal voort.

Die Universiteit van die Vrystaat het intussen ‘n reddingsplan aangekondig sodat studente die 2016 akademiese jaar kan voltooi.

Die Bloemfontein- en Suid-kampus sal van 28 Oktober sluit alhoewel die universiteit nie vir die res van 2016 sal sluit nie.

Onderrig sal gedurende November elektronies gelewer word. Op hierdie manier sal geen pogings om die res van die akademiese jaar te ontwrig, studente se akademiese program raak nie, het die UV in ‘n verklaring gesê.

Studente sal egter die eksamen op die kampus aflê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.