Bob Dylan wen Nobelprys vir Letterkunde

Deel op

Die linkse sanger-liedjieskrywer Bob Dylan, gebore Robert Allen Zimmerman, het die Nobelprys vir Letterkunde gewen, die eerste keer dat die toekenning aan iemand toegeken word wat nie in die eerste plek bekend is vir die skryf van boeke nie.

Hoewel hy ‘n roman gepubliseer het in die bewussynstroom-styl, Tarantula, is sy hoofmedium pop- en rockmusiek.

Sara Danius, permanente sekretaris van die Sweedse Akademie, sê Dylan is gekies omdat hy “‘n groot digter in die Engelssprekende tradisie” is.

“Vir nou 54 jaar is hy voortdurend met die skep van ‘n nuwe identiteit besig,” het sy aan verslaggewers in Stockholm gesê.

Dylan het die studenterevolusie en die hippiebeweging in die 1960’s ondersteun, met deur sy bekende liedjie “The times they are a-changin”.

Hy is die tweede Jood wat vanjaar bekroon word. Michael Kosterlitz het ‘n gesamentlike prys ontvang, saam met David Thouless en Duncan Haldane vir fisika.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.