Ras en rewolusie geniet voorrang hoor Kovsie Stabilis

Deel op

Die Kovsie Stabilis-groep, hoofsaaklik wit, oorweeg dit om ‘n aansoek by die hoogeregshof in te dien om die Universiteit van die Vrystaat te dwing om klasse op dié universiteit onverpoosd te laat voorgtaan, maar die “verkeerde” ras van die groep is vir swartes klaarblyklik die enigste oorweging om dit te beveg.

Kovsies Stabilis wil hulle beywer vir die stille meerderheid en studente wat wil studeer op die Kovsie-kampus sê die groep wat besorgde ouers, personeel, alumni en belanghebbendes insluit.

Maar swart studente wat glo hoop om hul studies te voltooi wil hulself nie vereenselwig met die groep nie en is gekant teen hul oproep.

Volgens die swart “leergierige” studente op kampus is hierdie groep, wat op Facebook begin het as ‘n stem vir diegene wat teen die huidige onluste op die UV-kampus gekant is, “net besig om verder konflik aan te vuur”.

Kovsie Stabilis het vandeesweek gedreig met regstappe teen die UV om te verseker dat studente hul akademiese jaar voltooi. Hulle wil ook geld terugeis vir diegene wat nie sal kan nie.

Stabilis is die leuse van Grey Kollege, ‘n voorste Vrystaatse skool. Dit is nie bekend of die groep se lede van Grey is nie.

‘n Trustfonds is intussen gestig om die koste van die aansoek te befonds.

Die swartes, wat ook glo ook “hoop dat klasse hervat”, sê egter die Kovsie Stabilis-lede moet hulself in die betogers se skoene plaas om tot ‘n vergelyk te kom, eerder as om “heeltemal teen” die oproeriges te wees.

Kennelik is dit ‘n aandrang dat die onsinnige eise van die onlusmakers op iets anders as rewolusionêre koors berus.

Net 5% van ­Suid-Afrika se studente hou die land se kampusse gyselaar, volgens dr. Dianne Parker, ­adjunk­-direkteur-generaal vir ­universiteite in die ­departement van hoër ­onderwys en opleiding.

Sy het nie in haar toespraak voor lede van die Nasionale ­Vergadering (NV) en ­Nasionale Raad van Provinsies (NRP) se komitees oor hoër ­onderwys genoem dat hulle almal ook swart is nie, alhoewel sy hulle “barbaars” genoem het.

Om die oproeriges nie te na te kom nie, het Parker dit ‘n “aanklag” teen die owerhede genoem, alhoewel sowat 20 verskillende swart oproerige groepe hulself al net by die Universiteit van die Witwatersrand aangemeld het, almal met verskillende eise.

Dit skep ‘n konsultasie-nagmerrie, benewens die feit dat nie een van die groepe ‘n samehangende standpunt nog kon formuleer nie, maar eerder daarin belangstel om ‘n onderhoud met Radio702 toe te staan om sodoende belangrik te kan voel.

Die doelwit van die oproeriges is om die akademiese jaar tot stilstand te dwing, en die land te destabiliseer in die hoop dat hulle polities daarby kan baat.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.