In Noordwes prut oproer by swart kampusse steeds

Deel op

Oproer by die Vaal Universiteit vir Tegnologie (VUT) in Vanderbijlpark, het bedaar nadat betogende swart studente en polisiebeamptes Donderdagaand buite dié kampus slaags geraak het.

VUT se woordvoerder, Mike Khuboni, sê personeel het vanoggend opgedaag vir werk en studente woon klasse by.

Khuboni sê hy sal vanoggend terugvoer kry oor die voorval laat gisteraand waartydens studente hand uitgeruk het en polisiebeamptes met klippe bestook het.

Khuboni sê daar was gister woelinge op die kampus.

Sekuriteitsbeamptes moes intree en ‘n kleinerige groep betogers, wat personeellede se geparkeerde motors met klippe beskadig het, is uitmekaar gejaag omstreeks 11:30.

Maar betogers het die polisie en brandweerbeamptes in die vroeë oggendure op die Noordwes Universiteit (NWU) se Mafikeng-kampus met klippe bestook. Die situasie is steeds gespanne.

Streng veiligheidsmaatreëls is in plek en geen klasse word op die Mafikeng-kampus aangebied nie.

‘n Sekuriteitspunt, wat geleë is op die grens van die kampus, is van buite aan die brand gesteek. Betogers het ook verskeie vullisdromme gebrand. NWU-woordvoerder, Louis Jacobs, sê niemand is beseer nie en daar was geen inhegtenisnames nie.

Jacobs sê ‘n besluit om klasse vandag te hervat sal deur die loop van die dag geneem word, soos die situasie ontvou. “Geen finale besluit is geneem om die kampus te sluit nie.”

Die NWU se Potchefstroom- en Vaaldriehoek-kampus gaan soos normaal voort.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.