Veertien dood na skietery by Sjiïtiese moskee in Kaboel

Deel op

’n Gewapende man het gister 14 mense by ’n heiligdom in Kaboel, Afganistan doodgeskiet.

Volgens ’n ooggetuie was die aanvaller in ’n polisie-uniform geklee.

Die aanvaller is op die toneel doodgeskiet het Reuters berig.

’n Woedende skare het die oorskot van die vermeende aanvaller omring en sy lyk geskop totdat die polisie tussenbeide getree het.

Die aanval het by een van Kaboel se grootste heiligdomme plaasgevind, waar Sjiïtiese Moslems byeengekom het om die Ashoera heilige dag te herdenk. Volgens Moslem-oorlewering is dit die dag in die sewende eeu waarop die kleinseun van die profeet Mohammed dood is.

Niemand het nog aanspreeklikheid vir die voorval aanvaar nie.

Afganistan het grootliks wydverspreide sektariese geweldpleging tussen Soeni- en Sjiïtiese Moslems vrygespring, maar die Sjiïtiese minderheid kla oor diskriminasie en toenemende bedreigings.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.