Kaapse Persklub kanselleer Steve-uitnodiging ná linkse geweldsdreigement

Deel op

Die sanger Steve Hofmeyr is deur die Kaapse Persklub uitgenooi om oor spraakvryheid te kom praat, maar ná geweldsdreigemente uit linkse geledere is die uitnodiging teruggetrek. In ‘n epos wat in PRAAG se besit is, spreek mnr. Donwald Pressly sy spyt uit dat hy die uitnodiging na die funksie, wat môre sou plaasvind, moes terugtrek.

Steve Hofmeyr self het die nuus op Twitter bekendgemaak.

Uit Pressly se epos blyk dit dat linkses gedreig het om ‘n “skokgranaat” na die Persklub te gooi indien Hofmeyr toegelaat sou word om daar – ironies genoeg – oor pers- en spraakvryheid te kom praat. Hy skryf verder aan Steve Hofmeyr:

“Ons is oorval met besware, waaronder ‘n stelling dat ‘n skokgranaat Vrydagoggend na die lokaal gewerp sal word.

“Ons as ‘n komitee glo sterk dat ons ‘n neutrale platform vir alle sienings verskaf, waaronder u s’n, maar ongelukkig was dit nie die siening van ons lede nie.”

Omstrede figure wat reeds by die Kaapse Persklub toegelaat is om te praat, is onder andere Julius Malema en Ronnie Kasrils. Eersgenoemde het reeds male sonder tal in die openbaar geweld en revolusie gepredik, terwyl Kasrils ‘n oortuigde kommunis en terroris is wat voorheen bomme in Suid-Afrikaanse stede gestel het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.