Nog geboue by KSUT in Kaapstad gebrand

Deel op

Asof swart “leergierige” oproeriges nog nie genoeg skade aan eiendom aangerig het in hul rewolusionêre ywer nie, het hulle verskeie geboue by die Kaapse Skier­eiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT) se Bellville- en Kaapstad-kampus Woensdagoggend aan die brand gesteek.

En die hoofstroommedia, waaronder veral Radio702, hou vol dat hierdie kriminele se optrede geregverdig is.

Lauren Kansley, KSUT-woordvoerder, oproeriges het probeer om die hoofadministrasiegebou aan die brand te steek rondom middernag Dinsdag by KSUT se Bellville-kampus.

Nadat dit misluk het het die brandstigters aanbeweeg na die sekuriteitskantoor naby die hoofhekke by die kampsuingang.

Dié gebou is aan die brand gesteek terwyl twee sekuriteitswagte in die kantoor toegesluit is. Hulle is gered maar moes vir rookinaseming behandel word.

Een betoger is in hegtenis geneem op aanklagte van poging tot moord, openbare geweld en kwaadwillige beskadiging van eiendom.

Albei kampusgeboue was reeds in ligte laai met die aankoms van brandbestryders en polisiebeamptes op die toneel. Die polisie ondersoek die voorvalle.

Klasse by universiteite in Kaapstad kon Woensdag weer nie voortgaan nie en nog ‘n aantal universiteite landwyd sal na verwagting vandag steeds gesluit wees.

By Wits het tientalle polisielede met snuffelhonde die hoofkampus in Braamfonten gefynkam vir petrolbomme.

Dit volg op voorvalle Woensdag toe verskeie petrolbomme op die kampus gevind is.

Die universiteitsbestuur het intussen sy steun gegee aan die doelwit van gratis onderrig en die “dekolonialisering van tersiêre onderrig”, maar dit is nie duidelik wat dit behels nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.