Winnie Mandela se nefie steel R83 000, handsakke by haar

Winnie Madikizela-Mandela, soos sy deesdae bekendstaan, het ‘n klomp misdade op haar kerfstok waarvoor sy om politieke redes nooit vervolg is nie, maar was nou self die slagoffer van diefstal toe haar nefie na bewering R83 000 van haar “verjaardaggeld” by haar gesteel het.

Die 30-jarige Zolile Madikizela sal na verwagting vandag in die Orlando-landdroshof in Soweto verskyn op ‘n klag van diefstal betreffende die R83 000. Hy is verlede week in hegtenis geneem nadat ‘n bediende van Winnie, Colin Mtileni, ‘n klag van diefstal teen hom aanhangig gemaak het.

Hy het toe vlugtig in die hof verskyn en geen borg is toegestaan nie. Zolile Madikizela word ook deur die Valke ondersoek vir inbrake by Winnie se huis toe hy na bewering ander items soos ‘n televisiestel van R20 000 en “ontwerpershandsakke” ter waarde van R80 000 gesteel is. Winnie het blykbaar haar nefie as ‘n “tuinier” ingespan.

Die twee diefstalsake word egter apart hanteer.

Na wat berig word het Winnie ontdek dat haar kontant weg is toe sy haar handsak uit haar kas haal om bietjie brood te gaan koop. Waarom Winnie soveel kontant in haar handsak ronddra, is nie bekend nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.