Paul Ryan se poging om Trump te sink, misluk

Deel op

Die NeoCon-aanslag teen die Amerikaanse presidentskandidaat, Donald Trump se Republikeinse meerderheid, het klaaglik misluk.

Terwyl Hillary veg om haar verkiesingsveldtog van ’n verpletterende nederlaag te red, het NeoCon-simpatiseerder, die Republikeinse speaker van die Huis van Verteenwoordigers, Paul Ryan, sy ondersteuning aan Trump onttrek, klaarblyklik weens ‘n skunnige opmerking deur Trump oor vroue.

Maar Ryan se redes vir sy onttrekking was ongeloofwaardig.

Met net 28 dae oor tot die algemene verkiesing op 8 November het Republikeine Ryan by ‘n openbare optrede uitgejou en sy dae as verteenwoordiger is waarskynlik getel.

Ryan en sy kornuite se verraad sal ook swaar begin weeg as die verkiesingsveldtogte van Republikeinse kongreslede in November om setels in die Senaat en Huis van Verteenwoordigers afskop.

Maandag het Ryan met ‘n landwye telefoonkonferensie gepoog lede van die Huis teen Trump op te steek nadat hy besluit het om voortaan nie meer vir Trump te verdedig of hom in sy veldtog te help nie, maar Republikein Newt Gingrich het uitgevaar teen dié pogings.

Die jongste manewales van Ryan kom terwyl Trump se steun toeneem, Hy het uistekend gevaar in die tweede debat en Hillary Clinton, veral toe hy haar gekonfronteer het oor ISIS-terroriste in Sirië. Clinton en die NeoCons gee voor dat die terroriste “gematigde rebelle” is, terwyl Rusland die terreurneste skoonmaak.

Intussen het die jongste WikiLeaks-vrystellings Trump gelyk gegee.

Drie vroue wat na bewering onder oudpres. Bill Clinton en sy vrou se seksuele vergrype deurgeloop het, is as gaste van Trump by Sondagaand se debat in die gehoor genooi. Bill Clinton was merkbaar onthuts om die vroue te sien.

Trump Maandagmiddag reeds in ’n twiet vir Ryan aangeraai om hom liewer by sy werk te bepaal en op te hou om energie te mors om hom te opponeer.

Die Demokrate benodig vier setels in die Senaat om beheer oor te neem en meer as 30 in die Huis. Hulle mik vir senaatsetels om liberale regters in die hoogste hof aangestel te kry.

Die aanduidinge is dat verskeie media-instellings aan nog onthullings werk. Dit sal die breuk in die GOP na verwagting net vererger en kan rampspoedige gevolge hê vir die party se kanse om beheer in die Kongres te behou.

Dit wil voorkom asof die NeoCons onder leiding van Ryan reeds moed verloor het dat Trump president gaan word en nou die Demokrate se agterhoede wil vorm.

Die Trump-revolusie is in volle swang.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.