Al-Sjabaab keer terug na dorpe waar AU-sending onttrek

Deel op

Honderde Ethiopiese troepe het die week uit ’n dorp in die sentrale deel van Somalië onttrek. Dit is minstens die tweede gebied waaruit hulle in onlangse weke beweeg het.

’n Offisier het aangekondig dat die soldate uit El-Ali in die Hiran-streek onttrek het waar hulle diens gedoen het as deel van die Afrika-uniesending, nadat hul basis oornag onder ’n kwaai artillerie-aanslag deurgeloop het.

Nabygeleë al-Sjabaab militante het daarna die dorp weer ingeneem.

Die troepe-beweging kom enkele dae nadat Ethiopië se beleërde regering ’n noodtoestand afgekondig het in ’n poging om ’n einde aan ’n ongekende vlaag protesoptredes te maak.

Uit Somaliese regeringsgeledere word gekla dat die onttrekking van die Ethiopiese troepe ’n vakuum laat, wat militante die geleentheid bied om bevryde dorpe weer in te neem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.