NWU waarsku belhamels dat nagwaak onwettig is

Deel op

Die kampusbestuur van die NWU is bewus van ‘n beplande nagwaak ter ondersteuning van die landwye onrus op kampusse wat vir vanaand beplan is.

Die formele aansoekprosedure vir so ‘n aksie is nié gevolg nie.

Die kampusbestuur wil dit duidelik stel dat so ‘n aksie onwettig is en nie mag plaasvind nie – dit sal ook teenstrydig wees met die interdik wat steeds van toepassing is.

Intussen het topbestuur en verteenwoordigers van die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) se Studenteraad (SR) vergader.

SUT-woordvoerder, Dan Maritz, sê die hervatting van die akademiese program aan dié instelling, asook die verhoging van klasgeld vir 2017, sal Woensdag bespreek word.

Dié vergadering sal op SUT se Bloemfontein-kampus plaasvind. Maritz het vroeër die week gesê klasse en toetse is tot Vrydag opgeskort.

Studente was gister in verskeie groepe voor die Bloemfontein-kampus byeen. Polisie en sekuriteit was ook teenwoordig en het die situasie gemonitor. ‘n Groep oproeriges wat by ‘n boekwinkel oorkant die kampus byeen was, het plakkate aan die brand gesteek.

Administratiewe personeel op die kampus is egter nie geraak deur die betogings nie en het normaal gefunksioneer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.