Boer agter tralies na hy swarte doodry

Deel op

‘n Vrystaatse boer is vandag in hegtenis geneem nadat hy na bewering verlede Vrydag ‘n sestigjarige swartman op ‘n plaas buite Bethlehem raakgery het.

Oos-Vrystaatse polisiewoordvoerder, Zweli Mohobeleli, het bevestig dat ‘n 34-jarige man gearresteer is.

Die man se prokureur het aan OFM-nuus gesê dat hy na alle waarskynlikheid môre formeel om borgtog aansoek sal doen.

Die man wat raakgery is, het oor die naweek aan sy beserings beswyk.

Mohobeleli sê ‘n klag van moord word ondersoek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.