Trump-ondersteuners dreunsing ‘CNN suig’

Byna 10 000 kiesers het tydens ‘n Trump-byeenkoms gedreunsing “CNN suig” in Pennsylvania Maandagaand.

“Ek sê jou, hulle is so oneerlik. Sonder die media, sal Hillary Clinton nie eers verkies kan word as ‘n hondvanger nie,” het Trump gesê. “CNN is ‘n skande.”

Die nuuskanaal gee voor dat Hillary die tweede debat tussen haar en Trump gewen het, maar dit berus op ‘n skewe peiling. Feitlik elke ander hoofstroomnuusbron het blitspeilings oor die debat van hul webwerwe afgehaal omdat Trump ver voor is.

RSG en Media24 het intussen die onsin wat CNN die wêreld instuur, herhaal.

Die Republikeinse genomineerde sê CNN skakel kamera’s af as hy die netwerk kritiseer.

“Ek is mal oor WikiLeaks,” het Trump gesê by die byeenkoms in Wilkes-Barre, Pennsylvania waar byna 10,000 mense opgedaag het by die Mohegan Sun Arena by Casey Plaza, volgens Fox News. WikiLeaks is stadig maar seker besig om die omstrede eposse van Clinton se veldtogbestuurder John Podestà rugbaar te maak.

“Die skelm Hillary Clinton het gesê dat terrorisme nie ‘n bedreiging vir die land inhou nie,” het hy gesê.

“Laat ek jou vertel, terrorisme is ‘n groot bedreiging. Hillary erken dat ISIS die vlugtelingstroom kan infiltreer.”

Die skare het Hillary uitgejou in reaksie en gedreunsing: “Sluit haar toe!”

Die hoogtepunt van die debat was toe Trump die Russe se kant gekies het teen Clinton en haar NeoCon-konkelaars. Trump het hul Siriese charade ontbloot vir wat dit is.

Die CNN-moderator, Martha Raddatz, het hom probeer stilmaak, maar hy het aanhou praat.

Hy het gesê Hillary het geen idee wie die sogenaamde “rebelle” in Sirië is nie en dus is daar geen punt om hulle te verdedig nie.

Rusland het voorheen aangedui dat die “rebelle” in Sirië eintlik ISIS terroriste is. Trump het gesê ten minste veg Rusland teen ISIS, iets wat die VSA nie doen nie omdat hulle sulke swak leiers het wat patetiese besluite geneem het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.