Oproeriges op verskeie kampusse vasgevat

Deel op

Vier oproeriges is by die Universiteit Stellenbosch in hegtenis geneem nadat hulle toegang verkry het tot ‘n geslote gebou op die kampus.

‘n Groep van 160 swart belhamels het op die kampus rondgehol en klasse ontwrig wat daartoe gelei het dat talle lesings gekanselleer is.

‘n Woordvoerder van die US, Martin Viljoen sê die polisie moes skokgranate gebruik om die oproeriges uiteen te jaag.

Privaatsekuriteit het ook die onlusmakers met pepersproei onder bedwang gehou.

Nog twaalf swart betogers staar dissiplinêre verhore in die gesig en word verbied om verder lesings by te woon en toetse te skryf. Hul makkers dreig met ‘n hongerstaking, maar die dit lyk nie asof die US hul dreigemente ernstig opneem nie.

Die Pietermaritzburgse landdroshof sal Donderdag ‘n beslissing maak in die borgtogaansoek van die elf swart amokmakers wat aan betogings by die Universiteit van Kwazulu-Natal deelgeneem het. Die elf het reeds 19 dae agter tralies deurgebring.

Die verdediging het vroeër gevra dat die hof nie in die stadium beeldmateriaal van die betogings in ag neem nie.

Die aanklaer sê daar is duisende studente wat hul eksamens wil aflê sonder enige intimidasie.

Betogers by die Universiteit van die Vrystaat het Maandag geëis dat oproeriges wat dié dag in hegtenis geneem is, vrygelaat word.

Die groep het onderneem om voort te gaan met die ontwrigting van akademiese bedrywighede tot daar aan hulle eise voldoen word.

Hulle eis ook dat ‘n vroeëre hofbevel teen betogings op die kampus ter syde gestel word.

‘n Katolieke priester, Graham Pugin, is intussen in die gesig geskiet met ‘n rubberkoeël.

Die voorval het gebeur toe oproeriges van Wits en die polisie vroeër by die Holy Trinity Kerk langs die kampus slaags geraak het.

Die Katolieke Kerk sê dit is tyd vir studente om terug te gaan klas toe en dat onderhandelings voortgesit word wat nie inbreuk maak op lesings nie.

Die Universiteit van Wes-Kaapland buite Kaapstad sal ook gesluit wees vir die res van die week.

Personeel en studente is geïntimideer deur aktiviste wat hulle glo vir gratis opleiding beywer, maar nie veel bewys daarvan lewer nie.

‘n Woordvoerder, Luthando Tyhalibongo sê die huidige atmosfeer is nie bevorderlik vir onderrig nie. Alternatiewe planne word gemaak om studente te help om die akademiese jaar te voltooi.

Die Universiteit van Pretoria sal môre nog gesluit wees nadat studente gister fakulteitsvergaderings ontwrig het. Lesings was veronderstel om gister voort te gaan. Die universiteit sê lesings sal daarna hervat word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.