Lesings by drie UV kampusse opgeskort.

Deel op

Die akademiese program op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se drie kampusse is vandag en môre opgeskort weens voortslepende oproer.

UV-woordvoerder, Lacea Loader, sê die instelling se universiteitbestuur gaan vandag en môre “verskeie belanghebbendes betrek”.

Dit in ‘n poging om ‘n oplossing vir die onluste te vind.

In ‘n verklaring waarsku Loader indien ‘n oplossing nie gevind word nie, kan die UV-kampusse se deure tot verdere kennisgewing gesluit word.

‘n Groep oproerige swart studente het weer ontwrigting by die Bloemfontein-kampus van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) veroorsaak toe hulle die biblioteek Maandag bestorm het.

Hulle het studente wat graag wou werk, gedwing om die biblioteek te ontruim. SUT-woordvoerder, Dan Maritz, sê hoewel dit effens bedaar het, is daar steeds spanning op die kampus.

Niemand is in hegtenis geneem na die voorval nie.

Dit kom nadat die kampus Maandagoggend heropen het nadat dit gesluit deur die bestuur weens studente se deelname aan die nasionale veldtog vir gratis onderwys.

Intussen het die SUT-bestuur en besorgde ouers met studenteleierskap ontmoet. Maritz het bevestig dat die vergadering by die kampus sou plaasvind.

Maritz sê die belanghebbendes wou praat oor die pad vorentoe.

Die SUT sal sy Bloemfontein en Welkom kampusse tot Vrydag sluit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.