Donker Witsies brand ‘n bus en plunder winkels in Braamfontein

Deel op

Die Universiteit van die Witwatersrand, alma mater van Joe Slovo, Harold Wolpe, Barbara Hogan, Nelson Mandela en ander marxistiese revolusionêre het gister verdere geweldpleging ervaar toe ‘n bus in Jorissenstraat, Braamfontein, deur swart studente aan die brand gesteek en winkels geplunder is.

Die webblad intelligencebureau.co.za het die volgende YouTube-video van 19 sekondes vrygestel waarin gesien kan word hoe die studente ‘n winkel in Braamfontein plunder.

Terwyl die Universiteit van Pretoria steeds gesluit bly na chaotiese “debatte” tussen personeel en studente gister (Maandag 10 Oktober), het Wits Sondag die ongewone stap geneem om gister weer sy deure te open. Die gevolg was grootskaalse geweldpleging, terwyl die polisie hul hande vol gehad het om betogende studente te hanteer.

Vanoggend heers ‘n gespanne atmosfeer by Wits, met die polisie wat sterk op die kampus verteenwoordig is. In die dae van NP-regering sou die universiteitsbestuur nooit die hulp van die polisie ingeroep het nie, maar soos ‘n dosent in joernalistiek, Nicky Falkoff, vanoggend twiet:

Swart studente het aanvanklik gepoog om ‘n bus om te gooi, maar toe hulle dit nie regkry nie, die voertuig sommer aan die brand gesteek.

'n Wits-student hou sy arms triomfantelik in die lug terwyl die bus agter hom brand.
‘n Witsstudent hou sy arms triomfantelik in die lug terwyl die bus agter hom brand.

Die universiteitsbestuur het gister as ‘n “moeilike dag” beskryf, maar is vasbeslote om met klasse voort te gaan. Blykbaar is net die helfte van lesings gister aangebied, terwyl die res nie kon voortgaan nie of gekanselleer is.

In ‘n verklaring het die uitvoerende bestuur van die universiteit gister gesê:

Dankie dat u vandag, ‘n baie moeilike dag vir die universiteit, saam met ons uitgehou het. Dankie aan diegene wat gewerk het, wat lesings bygewoon en ons vandeesweek ondersteun het. Ons was vandag gedeeltelik suksesvol en die akademiese program sal môre heropen.

Die oud-Springbokrugbyspeler Kobus Wiese het op Twitter sy afkeer van die gedrag van Witsstudente uitgespreek:

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.