Vonnisoplegging in reuse brandstofdiefstalsaak begin

Deel op

Die vonnisoplegging van nege mense, agt mans en ‘n vrou, wat skuldig bevind is op aanklagte van afpersing en diefstal van duisende liter brandstof het in die Vrystaatse hooggeregshof begin.

Die saak hou verband met onwettige aktiwiteite tussen Januarie 2005 en Desember 2006 naby Naboomspruit en Warden in die Vrystaat toe verskeie brandstowwe, soos petrol, diesel en ander stowwe, ter waarde van miljoene rande gesteel is.

Daar word beweer dat ‘n Indiër, Nazier Ahmed Tiry van Warden swart vragmotorbestuurders, van verskillende vervoer maatskappye, omgekoop het om brandstof onwettig af te laai by Naboomspruit en Warden op plase wat aan hom behoort.

Sowat 473 000 liter gesteelde diesel is op een plaas, Quarryhoek, buite Warden gekry. Tiry het dan die brandstof weer aan ander partye gesmous.

Tiry het daarna probeer maak asof hy geestelik versteurd is, maar ‘n onafhanklike evaluering het bevind hy is nie mal nie.

Maandag, het ‘n geïrriteerde Regter Jake Moloi het die saak weer uitgestel, tot Dinsdag vir die vonnisoplegging om te begin.

Dit volg nadat Tiry en vyf ander ‘n aansoek om ‘n uitstel in die hof gebring het.

Hul regsverteenwoordiger het aangevoer, namens hulle, dat die polisie se ondersoek gefinaliseer moet word na die voormalige Bloemfonteinse advokaat, Karabo Tau.

Tau is onlangs in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie, afpersing en sameswering om ‘n misdryf te pleeg,.

‘n Woordvoerder van die Valke, S’fiso Nyakane, het vroeër gesê Tau is in hegtenis geneem nadat hy na bewering deur die families van die nege mense in die saak genader is.

Nyakane gesê Tau is in hegtenis geneem nadat hy na bewering probeer het om ‘n regter om te koop om die nege vry te spreek.

Hul gesinne het hom na bewering R80 000 betaal, wat blykbaar ‘n deposito vir die betaling van R500 000 aan die regter was.

Die verdediging het aangevoer dat die Tau-saak ‘n skaduwee gooi oor die vonnisoplegging en dat die “wolk moet lig” voor vonnisoplegging kan voortgaan.

Regter Moloi het die aansoek om uitstel geweier.

Moloi het gesê sedert die saak voor die hof is, vanaf Mei 2014 is “elke truuk in die boek” gebruik om die saak uit te stel.

Maandag was die 80ste dag voor die hof.

Regter Moloi het beveel dat vonnisoplegging sal voortgaan selfs nadat Tiry en die ander se regsverteenwoordigers Maandag onttrek het.

Die regter het gesê diegene wat nie teen Dinsdag regsverteenwoordigers het nie, sal op eie stoom ter versagting moet pleit.

Op beide plase, is ‘n aantal van grootmaatopgaartenks, omring deur hoë-sekuriteitsmure, gevind.

Drie van die mans het by Sasol in Secunda gewerk en gehelp met die ondertekening van vragdokumente asof die lewering korrek deur Sasol-werknemers ontvang is.

Die ander beskuldigdes in die saak is Patricia Sangweni, Sipho Tshabalala, Anthony Nyamusa, Goodenough Mthethwa, Alfred Buthelezi, en Josef Moisi, Velli Sithole en Salomo Nkosi wat by Sasol gewerk het in Secunda.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.