Aso-vulkaan in Japan kom tot uitbarsting

Deel op

Die Asoberg-vulkaan op die suidelike eiland Kjioesjoe in Japan het Saterdagoggend vir die eerste keer in langer as drie dekades tot uitbarsting gekom.

Dit is die eerste groot uitbarsting van dié vulkaan sedert Januarie 1980.

Vulkaanas is tot 320 km verder van Aso opgemerk nadat Japan se meteorologiese agentskap (JMA) gesê het die vulkaanas het tot 11 000 meter uitgeskiet.

Volgens die polisie is in hierdie stadium geen berigte van beserings nie.

Vulkaanas het daarna op huise, motors en paaie in die stad Aso neergesif.

Asoberg, een van Japan se mees aktiewe vulkane en gewilde staproet, lê sowat 1 592 meter bo seespieël.

‘n Kleiner uitbarsting verlede jaar het swart rook sowat twee kilometer die lug ingeblaas.

Japan lê op die sogenaamde “vuurring” in die Stille Oseaan met meer as 100 aktiewe vulkane.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.