Clinton werk onverpoos vir oorlog teen Rusland

Deel op

Net soos tydens die laaste Amerikaanse presidensiële debat wat lewendig uitgesaai is, het CNN se debatsmoderators Donald Trump herhaaldelik onderbreek. Trump het die een partydige moderator, Anderson Cooper uiteindelik gevra waarom hy nie toelaat dat Hillary Clinton se onwettige eposse bespreek word nie.

In die gehoor het Clinton se eggenoot Bill en haar dogter Chelsea bekommerd toegekyk.

Die Amerikaanse Demokratiese presidentkandidaat werk intussen onverpoos daaraan om ‘n oorlog met Rusland uit te lok.

Die tweede debat tussen Hillary en Trump in St Louis was vanoggend steeds aan die gang waar Clinton probeer het om anti-Russiese sentiment op te sweep.

Clinton het Rusland daarvan beskuldig dat die land probeer om die presidentsverkiesing in die guns van Donald Trump te swaai, deur die onderskepping van eposboodskappe.

Die organisasie WikiLeaks het voorheen by monde van Julian Assange verklaar dat hulle verdoemdende eposse oor Clinton gaan vrystel voor die verkiesing.

Clinton se onwettige verhouding met George Soros het dié naweek op die lappe gekom. Soros bestuur die swart opstande in die VSA teen die polisie deur skenkings aan Black Lives Matter én opdragte aan Clinton se adviseurs oor hoe om swart slagoffers se dood uit te buit om nuwe federale wetgewing in te bring.

Trump het die bevindings van sekere pro-Clinton organisasies verwerp dat Rusland agter die eposonderskeppings is, en sê daar is waarskynlik nooit inbreuk gemaak op eposse nie.

Clinton het ook onderneem om Rusland te ondersoek vir “oorlogsmisdade” in Sirië. Die aanval op die hulpkonvooi waarna sy verwys, is egter volgens verskeie bronne deur ISIS-magte in Sirië gepleeg.

Die VSA het die stryd in Sirië om ISIS-simpatiseerder te steun, so te sê verloor nadat Duitsland vlugte van hul Tornado-vegvliegtuie oor Aleppo gestaak het weens “los skroewe”.

Die NeoCons het vroeër probeer om verdeeldheid in die Republikeinse Party te saai teen Trump. NeoCon-ondersteuners het ‘n video van Donald Trump wat ‘n skunnige grappie oor vroue maak, vrygestel maar die poging was ‘n monumentale mislukking.

Die video, wat in 2005 opgeneem is, het eerder as “skok”, Amerikaners se lagspiere geprikkel.

Die akteur en rolprentregisseur Robert de Niro, getroud met ‘n swart vrou, het in ‘n video, wat ook Vrydag uitgereik is, gesê hy wil Trump in die gesig slaan.

De Niro was kennelik deel van die gekonkel om van Trump ontslae te probeer raak. Volgens The Guardian het die #VoteYourFuture-veldtog videos gemaak met verskeie openbare persoonlikhede wat mense aanmoedig om vir Hillary te stem, maar moes De Niro se oproep om geweld uitlaat omdat dit ‘n verleentheid was.

Die regisseur het dit Vrydag onafhanklik uitgereik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.