Talle universiteite heropen vandag

Deel op

Talle universiteite het aangedui dat hulle Maandag weer sal heropen, ondanks dreigemente van geweld en voortslepende onluste wat die kampusse die afgelope weke teister.

Universiteite wat vandag heropen, sluit in die Tshwane Universiteit van Tegnologie, die Universiteit van Venda, die Noordwes-Universiteit, die Universiteit van die Vrystaat en die Sol Plaatjie-Universiteit.

Die Universiteit van Kaapstad sal tot Dinsdag gesluit bly.

Personeel en studente van die Universiteit van Pretoria sal vandag vergader om die dooie punt op te los.

Die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg sê die akademiese program sal vandag hervat word.

Studente sal toegelaat word om vreedsaam te betoog op bepaalde plekke wat geoormerk is.

Die Wits-studenteraad het egter gewaarsku dat gewelddadige betogings weer sal uitbreek indien die universiteit vandag klasse voortsit.

Swart studente soek blykbaar elke week ‘n nuwe verskoning om geweld te pleeg. Hulle het die afgelope weke landwyd in opstand gekom vir gratis tersiêre onderrig, maar R600 miljoen se skade aangerig aan instellings om hul doel te bereik.

Ten minste twee biblioteke en ‘n boekwinkel is intussen weens brandstigting vernietig deur die “leergierige” swart onlusmakers.

Die studente is eis glo dié week ook die “dekolonialisering” van die kurrikulum. Voorheen het hulle geweld gepleeg sodat skoonmakerdienste nie uitgekontrakteer moet word nie.

Die hoofstroommedia, veral Radio702, probeer intussen voorgee dat die swart studente – meestal druipelinge – grondige eise het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.