Die linkse vakbond Cosatu het intussen ‘n beroep gedoen om internasionale steun vir die protesoptrede van Suid-Afrikaanse studente wat gratis onderwys eis.
Die SABC berig die president van Cosatu, Sdumo Dlamini, het die versoek by die vergadering van die Wêreldfederasie van Vakbonde in Durban gedoen.
Afgevaardigdes van verskeie lande soos Amerika, Brittanje, Rusland, Kanada, Griekeland en Kuba het aan `n optog deelgeneem. Dlamini sê gratis tersiêre onderrig is noodsaaklik vir Suid-Afrika.
Hy sê die vakverbond steun die studente en die veldtog vir gratis onderwys vir Suid-Afrika se armes.