Wits-studenteleier waarsku dat onluste sal aanhou

Deel op

Die swart studenteleier die Universiteit van die Witwatersrand, Mcebo Dlamini, het belowe om te verseker dat die instelling gesluit bly.

Dit volg nadat Wits in ‘n verklaring Saterdag gesê het dat die akademiese program Maandag sal voortgaan.

Dlamini sê die posisie van die universiteit is “skokkend en onredelik”.

“Dit sê vir ons as studente ons moet voortgaan met ons stryd omdat hulle hul ware kleure gewys het,” het Dlamini aan News24 gesê.

“Hulle het getoon dat apartheid nog bestaan ​​in hierdie land. Die bose stelsel het sy kop uitgesteek en ons sal met die stryd voortgaan om die waardigheid van ‘n swart kind te herstel,” het hy gesê.

Hy het gesê dat die universiteit se verklaring lees soos een wat deur die “apartheidstaat” uitgevaardig is.

“Daar is geen manier waarop hulle sal oopmaak nie. Vrydag het ons gevra om betrokke te raak en ons wag nog vir hulle en tot vandag toe het hulle nog met niemand vergader nie. Ons is bereid om te onderhandel en hulle is kwaadwillig.

Die swart onluste, glo oor “gratis tersiêre onderrig” gaan na wat berig word eskaleer nadat die regering besparingsmaat­reëls aangekondig het vir die mediumtermyn-begroting.

Volgens ‘n berig in City Press, behels die besparings posverminderings in die staatsdiens.

By sommige instellings is reeds ‘n vierde week dat oproeriges die strate invaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.