Tier byt wit vrou dood

Deel op

Die bestuur en werknemers by die Laohu Valley-reservaat by Philippolis in die Vrystaat is in rou gedompel nadat ‘n werknemer, wat verantwoordelik was vir die welstand van tiere, Saterdag deur ‘n tier doodgebyt is.

Die tierplaas sê in ‘n verklaring dat die 43-jarige Vivienne McKenzie sedert 2002 by die plaas gewerk het. McKenzie het onder meer haar lewe aan die versorging en beskerming van die bedreigde Suid-Chinese tiere gewy.

‘n Emosionele Heinrich Funck, bestuurder van die tierplaas, het aan OFM-nuus gesê dat ‘n projekspan en die owerhede tans besig is met ’n deeglike ondersoek om vas te stel wat gebeur het.

Daar word vermoed dat McKenzie vergeet het om die hok agter haar te sluit.

Funck het ook sy medelye met die familie van Mckenzie betoon en haar geloof vir haar passie en toegewydheid.

Polisiewoordvoerder, Maselela Langa, het die voorval bevestig.

Die vyfjarige tier, “Beta”, is intussen van kant gemaak.

Bron: OFM

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.