Dan Roodt: In Stockholm broei ‘n ‘regse gevaar’

Ek is nou maar enkele dae terug van my besoek aan Stockholm waar ek op uitnodiging aan die Identitär Idé-konferensie op Saterdag 1 Oktober deelgeneem het. Oral in Europa het die woord “identitêr” deesdae ‘n regse of nasionalistiese konnotasie en dié konferensie wat jaarliks plaasvind gaan dan juis om temas soos identiteit, immigrasie en samewerking tussen patriotiese groepe in Europa en wêreldwyd.

Vanweë vrese dat linkse groepe dalk die konferensie mag ontwrig, is die ligging eers omtrent ‘n uur of twee voor die tyd bekendgemaak. Van die konferensiegangers is aangesê om by die naaste moltreinstasie te wag totdat hulle per sms oor die lokaal ingelig is.

Ek en twee Amerikaners was die enigste buitelandse sprekers wat ons voordragte op Engels gelewer het, terwyl die res van die verrigtinge alles in Sweeds plaasgevind het. Die gehoor van omtrent 200 mense het hoofsaaklik uit Swede, jonk en oud, bestaan. ‘n Viertal jong Lettiese politici het dit insgelyks bygewoon en ons het voor en ná die konferensie in kafees en restaurante saam gekuier.

Hierdie was my tweede besoek aan Swede, ná 2010 toe ek net vir twee dae in die stad was. Iewers op straat was daar ‘n plakkaat met die woorde: “Stockholm, hoofstad van Skandinawië”, en ‘n mens kan seker nie daarmee verskil nie, want dit het iets van die grootsheid van Parys, Berlyn of Rome, met dieselfde ooraanbod van museums, historiese geboue, paleise, geskiedenis, luukse winkels, kafees, restaurante en ‘n lewendige naglewe. Ek het eers omtrent drie-uur in die oggend by die agterna-partytjie van Identitär Idé weggekom en was verbaas om te sien dat die moltrein steeds funksioneer en redelik vol passasiers is.

Daar heers groot belangstelling in Suid-Afrika onder die meer konserwatiewe Swede wat in ons land die proefkonyn vir die oorlewing van die globale blanke, Westerse minderheid sien. Een van die jong Swede het selfs in die openbaar voor al die konferensiegangers teenoor my om verskoning gevra vir Swede se rol om die ANC/SAKP in Suid-Afrika aan bewind te bring. Hy woon tans in Berlyn saam met ‘n Duitse vrou en het agterna teenoor my beken: “Die helfte van my menings is onwettig in Duitsland, maar ten minste voel dit nie so polities korrek soos Swede nie!”

Eintlik het Afrikaners en Swede baie met mekaar in gemeen. Albei volkere is nasionalisties, hardwerkend, pragmaties en vooruitstrewend, behalwe dat ons albei op verskillende maniere in die twintigste eeu deur linkse politici op sleeptou geneem is tot hier waar ons om oorlewing moet veg. Terwyl Afrikaanse media deur die linkse Naspersgroep oorheers word, is die Bonnier-groep weer die mediamaatskappy wat omtrent alle koerante, tydskrifte, boeke en TV-kanale in Swede beheer. Die Bonniers is ‘n ryk Joodse familie wat aanvanklik boeke in Denemarke begin uitgee het en uiteindelik ‘n baie groot deel van die media in Swede en elders in Skandinawië ingepalm het. In die sestiger- en sewentigerjare het ‘n joernalis, Pär Westberg, wat ‘n goeie vriend van die kommunistiese skryfster Nadine Gordimer in Suid-Afrika was, ‘n hele veldtog teen Suid-Afrika in die Bonnier-media, veral die invloedryke dagblad Dagens Nyheter, gevoer en sodoende die bevolking teen Afrikaners en blankes opgesweep.

Dis ‘n stereotipe om te dink dat alle Swede steeds links of polities korrek is. Vandag in Suid-Afrika is die hele Afrikaner-elite in elk geval ewe links en polities korrek. Meer nog: die Afrikanerelite het anti-blank geraak, iets wat ‘n mens nie eens van die linkse Swede sou kon sê nie. Die Universiteit van Stellenbosch het ‘n eredoktorsgraad postuum aan ‘n kommunistiese saboteur uit ‘n goeie Bloemfonteinse familie, Bram Fischer, toegeken. By verre die meerderheid Afrikaners stem vir ‘n linkse, multikulturele, anti-Westerse party, die DA. Indien ‘n mens van buite na Afrikaners kyk, kom dit voor asof die meeste van ons mense ultraliberaal of selfs kommunisties is. Tog weet ons dis nie die geval nie: om die spreekwoordelike braaivleisvure verdra ons skaars die juk van die huidige oorheersing.

Hierdie plakkers moedig vlugtelinge aan "huis toe te gaan"
Hierdie plakkers moedig vlugtelinge aan om “huis toe te gaan”

Dieselfde geld vele van die Swede wat ek ontmoet het, en wat fel gekant is teen die beleid van hul linkse regering om immigrante en vlugtelinge uit Noord-Afrika en die Midde-Ooste na hul land in te voer. Van die regse Swede voer ‘n verbete stryd teen dít wat hulle as die kolonisering van hul ontwikkelde, eerstewêreldland deur hordes immigrante uit die derde wêreld sien. Hulle brand selfs geboue af waar immigrante geherberg word, of betoog daarteen. Die regse party, die Sweedse Demokrate, geniet tans ongeveer dertig persent steun, volgens meningsopnames, ondanks histeriese kritiek deur die hoofstroommedia, veral natuurlik dié van die Bonnier-groep.

Stockholm bestaan eintlik uit honderde eilande wat met brûe verbind is.
Stockholm bestaan eintlik uit honderde eilande wat met brûe verbind is.

Nog ‘n stereotipe oor Swede is dat die mense mooi is. Dis egter nogal waar. Naas Afrikaners wat ook fisiek aantreklik is, is Swede seker van die mooiste mense op aarde. Behalwe: Afrikaners ná dertig is geneig om oorgewig te raak en lyk soms onversorg. Hierteenoor, ook omdat soveel van hulle oral heen fietsry, lyk die gemiddelde Sweedse man of vrou fiks, viets en versorg. Stockholm is ‘n mekka vir die fietsryer, want oral is daar fietspaaie en by elke woonstelgebou sien mens dosyne fietse staan. Van die modieuse vrouens wat deftig aangetrek is, huiwer nie om per fiets te gaan inkopies doen nie.

In die moltrein is daar meesal blankes; let ook op hoe skoon die vloer is.
In die moltrein is daar meesal blankes; let ook op hoe skoon die vloer is.

Die openbare vervoer werk uitstekend en ‘n mens kan oral per trein, moltrein, bus en selfs boot kom, want die moltreinkaart gee insgelyks toegang tot bote wat op die mere, kanale en riviere van dié waterryke stad vaar. Sommige mense pendel blykbaar per boot tussen die huis en die werk.

Hoewel die uitspraak aanvanklik vreemd op die oor val, is Sweeds ook ‘n Germaanse taal wat nie so ver van Afrikaans verwyder is nie. Vele woorde kan ‘n mens maklik ontsyfer, soos byvoorbeeld “utgang” wat uitgang beteken, “bok” (boek), “hastighet” (letterlik haastigheid, maar ook internetspoed), ens. Feitlik alle Swede praat egter Engels en daarmee kan mens ook gemaklik oor die weg kom, veral nadat jy gesê het: “Jag talar lite svenska” (Ek praat ‘n bietjie Sweeds). Anders as in Suid-Afrika waar Afrikaners so laks is om hul eie taal in die openbaar te skryf, is alle kennisgewings in Swede egter in Sweeds. Selfs by die lughawe en toeristebestemmings is daar uiters min Engels te bespeur, wat ‘n verfrissende blyk van die mense se taal- ek kultuurtrots is.

Op ‘n stadium het ek in die Stureplan-buurt ingevaar op soek na my Franse skoenpolitoer met byewas wat ‘n mens glad nie in Suid-Afrika vind nie, en oral waar ek by winkels of op straat navraag gedoen het, het mense uit hul pad gegaan om my te help. Uiteindelik het ek by twee skoenwinkels, Skoaktiebolaget en Bäckmans geholpe geraak. Agter in die winkel by Bäckmans sit twee jong, blonde Swede en skoene versool. In dié opsig is Stockholm ‘n reuseweergawe van Orania, want ‘n mens sien baie min anderskleuriges wat enige handearbeid verrig. Trouens, in die hele Stockholm is daar baie min van die immigrante te siene waarteen konserwatiewe Swede betoog en ‘n stryd voer. Blykbaar is hulle aan die buitewyke van die stad in bepaalde ghettobuurte te vinde, waar hulle van staatstoelaes leef en, anders as die Swede, nie veel werk verrig nie.

Hierdie posafleweringswa het ek op 'n Sondag gewaar; kennelik word daar 7 dae per week pos afgelewer.
Hierdie posafleweringswa het ek op ‘n Sondag gewaar; kennelik word daar 7 dae per week pos afgelewer.

Die pos word deur stereotipe Sweedse blondines vervoer en afgelewer (sien foto hiernaas), en blykbaar beskik Swede oor die beste posdiens in die hele Europa, want 95% van alle posstukke word binne 24 uur afgelewer, selfs op die mees afgeleë dorpies in die binneland.

Die legendariese Sweedse internetspoed (hastighet) is werklik verstommend, want in die woonstel waar ek tuisgegaan het, het ek op my selfoon ‘n aflaaispoed van 184 megabisse per sekonde en ‘n oplaaispoed van 154 megabisse per sekonde gemeet. Honderde foto’s op my selfoon is binne ‘n minuut of twee opgelaai en aanlyn geberg, iets wat met Suid-Afrikaanse ADSL ure of selfs dae lank sou neem.

Hoewel Swede reeds dekades lank oor linkse, Sosiaal-Demokratiese regerings beskik, sou dit verkeerd wees om dit as sosialisties te tipeer. Afgesien van die drankhandel wat geheel en al deur die staat beheer word, blykbaar om alkoholisme te bekamp, word feitlik alle dienste deur privaatmaatskappye gelewer. Selfs die posdiens is gedeeltelik geprivatiseer en mens kan by ‘n toonbank in die supermark briewe en pakkies pos. Belastings is wel hoog, maar ek het agtergekom dat almal strokies van hul betalings in kafees en restaurante versamel om dit agterna as uitgawes op hul belastingvorms te eis.

Stockholm is ‘n duur stad, byna so duur soos New York of Londen, ook wat verblyf betref, maar is oogluikend welvarend, skoon, goed onderhou en georganiseerd. Selfs in die stasies kom mens luukse winkels en kafees teë.

Trouens, tesame met hul nywerhede, hoë tegnologie, goeie skole en universiteite, kultuur en letterkunde, verteenwoordig Swede iets van ‘n blanke, Westerse utopie. As ek Sweeds was, sou ek saam met die regse Swede herberge vir vlugtelinge afgebrand het! Waarom so ‘n idilliese samelewing met aggressiewe Moslems en ander derdewêreldimmigrante bederf?

Maar nes die Afrikanerelite nie lank gelede nie, is die linkse Sweedse politici vasbeslote om hul eie land oor die afgrond te smyt en ‘n multikulturele hel van konflik, geweld en misdaad daarvan te maak. Waarom? wil ‘n mens vra.

Swede is ook pioniers wat van hul koue, onherbergsame land ‘n paradys gemaak het. ‘n Jong Sweed vanuit die noorde van die land met spierwit hare en blou-blou oë het my hartlik uitgenooi om saam met my gesin te kom kyk hoe dit in die winter lyk as dit minus vyf en dertig grade Celsius buite is. Om in daardie koue te boer, paaie en huise te bou, skool te gaan, ens., verg omtrent soveel vasberadenheid en durf soos om oor die Drakensberge te trek.

Eintlik het ons baie met Swede in gemeen: ons praat albei een van die kleiner Germaanse tale, ons word albei deur linkses verdruk en ons hou albei van orde en dissipline. Die huidige pro-Afrikaanse beweging onder Afrikaners is ‘n minderheidsbeweging, net soos die patriotiese Swede ‘n minderheid van omtrent 30% in hul land verteenwoordig.

My gevoel is dat ons in die toekoms baie meer met Swede gaan saamwerk. Ek het soveel goeie vriende daar gemaak dat dit eintlik onafwendbaar is.

time_europe_rightOral in Europa is dit tans in die mode om regs of nasionalisties te wees, veral onder jongmense en Swede is geen uitsondering nie. Waaraan ‘n hele klomp Swede egter baie hard werk, is om ‘n hele pro-blanke, pro-Westerse beweging uit al die losse groepe in Europa saam te snoer deur byvoorbeeld boeke en webwerwe uit Europese tale oor en waar te laat vertaal. Sodoende raak “Stockholm, hoofstad van Skandinawië” amper “Stockholm, hoofstad van nasionalistiese Europa”, die setel van die regse gevaar waaroor die Amerikaanse nuustydksrif Time onlangs berig het.

Suid-Afrika as antipode van die wêreld beleef tans sy kommunistiese/sosialistiese fase, dít wat Europa in 1989 afgeskud het. Ook die meeste lede van die Afrikanelite en ou Broederbond-NP het hulle daartoe bekeer en is byvoorbeeld regstreeks verantwoordelik vir die revolusionêre gemors wat ons tans op ons kampusse waarneem.

Persoonlik neem ek verlief daarmee dat die Afrikanerelite en die hoofstroommedia my as nie-linkse minag en sensureer. Intellektueel voel ek my veel meer tuis in Swede of Frankryk waar ‘n magdom nuwe boeke verskyn waarin indringend oor die toekoms van die Westerse beskawing besin word as in polities korrekte Suid-Afrika waar die gesanik oor rassisme enige werklike debat onmoontlik maak.

In dié opsig is die minderheid Afrikaners wat nog weerstand teen die links-revolusionêre waansin in Suid-Afrika probeer bied en vir wie “witheid” of Westersheid nie ‘n vloekwoord is nie, seker eerder “Eurokaners” as die verloopte Afrikaners waarna Leon Lemmer so gereeld in sy rubrieke verwys. In elk geval het Naspers en die Afrikanerelite lankal afskeid van die begrip “Afrikaner” of “Boer” geneem en beskou hulle hul as multikulturele “Suid-Afrikaners” met ‘n afkeer van die tradisionele Afrikaanse kultuur, selfs van Afrikaans as onderrigmedium. Meer as 200 professore aan die Universiteit van Stellenbosch het ‘n petisie onderteken om Afrikaans aan dié instelling af te skaf.

Wat idees betref, het ons Afrikaners ballinge in ons eie land geword, want die heersende Afromarxisme en Anglo-Amerikaanse politieke korrektheid maak eintlik ons hele bestaan onmoontlik. Ons word as ongewenstes beskou, of in Thabo Mbeki se gevleuelde woorde: “Setlaars wat versuim het om te vertrek.”

Maar die wiel is besig om te draai. Soos wat die Berlynse Muur wonderbaarlik in 1989 in duie gestort het, neem vele vandag die hamer teen geestelike kommunisme op, van Stockholm tot hier in Johannesburg en Pretoria. Op ‘n menigte webblaaie en op sosiale media gis en borrel dit behoorlik.

Van die verre noorde van Europa tot hier by ons aan die suidpunt van Afrika, slaan die tekens van opstand teen die linkse hegemonie – dít wat Mikhail Gorbatsjof die “nuwe USSR in Wes-Europa” genoem het – uit soos Namakwalandse madeliefies in die lente.

Ons staan nie meer alleen nie. Net dít gee mens al hoop vir die toekoms.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Hans Onrust

    Dat fietsen is in een drukke vlakke stad natuurlijk ook goedkoper en vaak vlotter.
    In Nederland moet je, sinds de ’60’s, overigens wel een goed slot op je fiets hebben. Dat zal in het huidige Stockholm niet anders zijn.
    Voldoende beweging en gebalanceerde voeding is echter van groot belang, zeker ook op latere leeftijd en als aanvulling op toegenomen zittend bureauwerk. Veel door ‘sociaal beleid’ totaal verarmde en verwaarloosde en ontmoedigde blanken eten slechte relatief goedkope producten vol suiker en verzadigde vetten.

    Veel goede beter opgeleide meer fatsoenlijke Zweden zijn de voorbije decennia geëmigreerd om onder de verhogende druk van het systematisch naar binnen slepen van ontelbare Afrikaanse/moslim ‘migranten’ te ontkomen, die in elk W.E. land z’n enorme tol eist.
    Begrippen als veiligheid en vrijheid worden door jeugdigen anders ervaren. Ouderen zullen in generaliteit weten dat het Stockholm van 40 jaar geleden leefbaarder en schoner was.
    Mijn oudste dochter woont en werkt in Amsterdam. Alles op de fiets. En opkijken van regelmatige ‘gewone’ liquidaties en andere misdaad is er niet bij. Is zelf ook al meerdere keren beroofd maar ‘dat hoort erbij’. Bij zowel ‘multi culti Amsterdam’ als gewoonlijke jeugdige onbezonnenheid en eenvoud en kneedbaarheid.

    “Die helfte van my menings is onwettig in Duitsland, maar ten minste voel dit nie so polities korrek soos Swede nie!”
    Dus de helft van zijn meningen is onwettig en de andere helft is politiek correct en salonfähig ?

    “Maar nes die Afrikanerelite nie lank gelede nie, is die linkse Sweedse politici vasbeslote om hul eie land oor die afgrond te smyt en ‘n multikulturele hel van konflik, geweld en misdaad daarvan te maak. Waarom? wil ‘n mens vra.”
    Naastenverwaarlozing en volksvijandigheid brengt de grootste verraders en hypocriete huichelaars nogal wat materiële vergoeding en is tot op heden redelijk gevrijwaard van risico.

    “…..dít wat Mikhail Gorbatsjof die “nuwe URSS (USSR) in Wes-Europa”…..
    Da’s nog eens interessant dat hij over een EUSSR spreekt.
    Is daar een draad/link van ? Houd me van harte aanbevolen.

  • Karel Combrinck

    Ek is bly Doktor Roodt het ‘n positiewe ervaring in Swede gehad. Tog bly Swede die land wat grootliks bygedra het daartoe dat ons vandag ‘n ANC regering het. Enige “regse” geluide wat die Swede nou wil maak, is wat ons betref te laat.

    • Verkenner

      Dit is in n mate so, maar ons het net ons self om te blameer as volk! Hierdie regering is deur GOD self oor ons aangestel, tot terug keer na die ware GOD van heiligheid(apartheid), want wanneer n volk in benoudheid kom roep hy na GOD en daarom gebruik HY die nasies om sy volk te verdruk. Anders erken ons nie dat HY in beheer is nie, HY werk en wie kan dit keer en als werk ten goede…weet dit is moeilik om dit so te sien, maar ons lewe in n geseende tyd van besef en terugkeer na die waarheid, ons moet net bid vir wysheid.

    • Dawie Barnard

      Karel jy is korrek. Omdat ‘n paar Swede nou mooipraatjies het verander niks. Hulle regering is steeds totaal anti blanke Suid Afrikaner en verafgod steeds die ANC. Soos die Hollanders ook steeds doen. Die krummels positiwiteit wat hulle op die vloer smyt sal nooit al die moorde, bomaanvalle en haat ongedaan maak nie. Sover die immigrasie krisis gaan het ek ook geen simpatie nie. Kyk na al die beeldmateriaal waar duisende jong Swede betoog met hulle “immigrants welcome” plakate. Eens ‘n addergebroedsel altyd’n addergebroedsel. Hulle gaan egter agterkom dat “Once you give your country to a black you never get it back”.

      • Suidpunt

        Een swaeltjie in die rooisosialistiese Denemarke sal mens darem onthou. Pia Kjærsgaard, toe nog verbonde aan die Fremskridtsparti, het reguit gesê Nelson Mandela is ‘n terroris. Dit was ook sy wat gesê het Denemarke moet ophou om Suid-Afrika teen Apartheid te vervolg en dat die blanke beheer in Suid-Afrika behou moet word. Iemand soos sy vergeet mens nie. Sy het onlangs afgetree as hoof van die Folkeparti. Steeds hou sy voet by stuk. Iets sê egter wel vir my sy was nie baie onlangs in Suid-Afrika nie…

        _____________________________
        http://cphpost.dk/news/international/pia-k-mandela-was-a-terrorist.html

        Pia K: Mandela was a terrorist (December 9th, 2013 12:39 pm)

        Icon’s death hasn’t softened former Dansk Folkeparti leader’s stance

        While the rest of the world has spent the last few days singing the praises of the late Nelson Mandela, Pia Kjærsgaard, the former head of Dansk Folkeparti, is sticking to her conviction that Mandela’s African National Congress (ANC) was a terrorist organisation and that the Danish government should have supported South Africa’s apartheid regime in its struggle to maintain control of the country in the 1990s.

        “It was many years ago, and a different time, but I support what I said because the ANC was very violent,” Kjærsgaard told metroXpress newspaper.

        Kjærsgaard said that it was “luck” that South Africa has since become a different country, but acknowledged that “Mandela must obviously be given a great deal of credit for that.”

        In the 90s, Kjærsgaard was a member of parliament for Fremskridtspartiet, the Progess Party, and, argued that Denmark should support the sitting South African government rather than “the leaders of the terrorist organisation the ANC, including the recently-released Nelson Mandela”.
        _______________________________

    • Vicky Moriarty
    • Vicky Moriarty

      Anglikaanse Kerk besig om te stook by Wits.

      • Ou Transvaal

        Die Anglikaanse Kerk is lid van die Wêreldraad van Kerke , waarvan baie Afrikaanse Kerke ook lid is ,ek wonder hoe gaan die veraad nou aan ‘n gegradeerde lidmaat wat self vir sy eie studies moes betaal verkoop word , seker maar dieselfde manier waarop almal terugkeer na Il -PAPA die pous??

        • Vicky Moriarty

          Die langneuse het die Pro Palestynse beweging ge-infiltreer. Ek het juis gister n artikel daaroor gelees. Baie Jode argumenteer vir die valse “twee staat” oplossing. Maar Ja daai foto sal nie in die Engelse pers verskyn nie.

  • Vicky Moriarty

    Hi Dan, so gepraat van Swede. Ek het elders op praag gevra dat jy voor die einde van 2016 weer op Red Ice (voorste Alt Reg TV/Radio) moet verksyn om die hel wat 2016 was te bespreek.

  • Wel daar sal nog baie water in die see moet loop voor die Swede vertrou kan word, as ek Swede hier sien is dit om te kom robslaan lyk dit my. Ek kan met eerlikheid se dat ek nog nooit ‘n regsdenkende Sweet teegekom het nie, meskien is die sogenamde Vlutelinge ‘n bedekte seen vir Europa, bring hulle meskien weer terug na die aarde toe.

  • Fork

    Ek rig die direk aan Dan Roodt:
    As ‘n mens nou kyk na al die vlugtelinge wat nou orals in Europa aan kom sien ‘n mens een ding.
    Baie van die lande sit met vlugteling wat voorheen deur een van die Europese lande geannekseer was. Vir die mense wat die lees en nie weet nie, gaan Google dit gerus.
    Daar het die Europiers hulle godsdiens en hulle wil afgedwing. Hulle kinders en vrouens is verkrag en vermoor. Mans is vermoor. Die minerale is gesteel.
    En nou, lyk dit asof dit “pay back” is.
    Die Europese lande gaan nou hulle godsdiens verloor. Hulle vrouens gaan verkrag word. Hulle kinders gaan vermoor word en hulle mans gaan vermoor word. En dit is besig om te gebeur.
    Miskien sal dit reaksie verwyder word maar wat ek se is ‘n feit.

    • Johan Ferreira

      Fork uiter al die geykte opmerkings wat mense opper wanneer hulle te lui of te brein-verlam is om self te dink. Terwyl die Europeërs na bewering Afrika gestroop, misbruik, verkrag het was daar bitter min afrikane wat wou vlug na Europa. noudat die Europeërs nie meer die ‘sondes’ pleeg nie, wil al die afrikane Europa toe vlug. Daar is nie pille vir domgeite nie.