NWU weer deur EFF gedreig met chaos

Deel op

Die Noordwes-Universiteit sê hulle sal alles in hul vermoë doen om te verseker studente en personeel is veilig wanneer hulle volgende week na die instansie terugkeer.

NWU-woordvoerder, Louis Jacobs, sê die universiteit het reeds gebeurlikheidsplanne in plek vir die hervatting van klasse Maandag.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters het egter Donderdag tydens ‘n toespraak gesê hulle sal verseker alle universiteite landwyd bly gesluit, totdat gratis hoër onderwys ‘n realiteit is.

Jacobs sê al die NWU se planne beskou die veiligheid van studente en personeel as primêre prioriteit.

Jacobs sê hulle sal nie huiwer om reeds bestaande interdikte af te dwing nie.

Intussen sê studente aan die Universiteit van die Vrystaat hulle beplan om eers dié naweek te vergader en dan te besluit of hulle sal toelaat dat die UV Maandag heropen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.