Drie swart veeboere van moord op veedief aangekla

Deel op

Drie swart veeboere van Noordwes sal na verwagting volgende week in die landdroshof op Bafokeng aansoek doen om borgtog nadat hulle van die moord op ‘n jong man op ‘n plaas in dié distrik verdink word.

Polisiewoordvoerder, Pelonomi Makau, sê die 76-jarige Andru Mekgwe, Jairus Pholose (68) en die 66-jarige Shorty Mmolutsi het Donderdag vlugtig verskyn. Die hofverrigtinge is tot volgende Dinsdag vir verdere ondersoek uitgestel.

Die verdagtes is verlede Donderdag in hegtenis geneem toe ‘n 24-jarige swarte, wat vermoedelik vee op die plaas wou steel, ernstig aangerand is.

Sy hande is vasgebind. Makau sê met die polisie se aankoms op die plaas is die oorledene bewusteloos in een van die verdagtes se bakkie gevind.

Volgens haar het die slagoffer later in ‘n plaaslike kliniek aan sy beserings beswyk. Die verdagtes was op die plaas by veekrale toe hulle aangekeer is.

Die oorledene is nie bekend gemaak nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.