Kenia se verkiesingskommissie bedank

Deel op

Die kommissarisse van Kenia se verkiesingskommissie het Woensdag bedank as deel van ’n ooreenkoms met opposisiepartye, wat vroeër vanjaar gewelddadige betogings in die land teen die kiesstelstelsel gelei het.

Die aankondiging dat al tien lede van die onafhanklike verkiesings- en afbakeningskommissie bedank het, is in ’n verklaring deur die Keniaanse regering aangekondig.

Ondertussen berig AFP dat ses mense in die noordooste van Kenia gisteroggend deur vermeende al-Sjabaab militante vermoor is.

Die aanval het in die dorp Mandera plaasgevind en ’n omheinde residensiële gebou geteiken waar hoofsaaklik nie-etniese Somali’s en nie-Moslems tuisgaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.