Ivoorkus se nuwe grondwet ‘n poging spanning te ontlont

Deel op

Die Ivoorkus se pres. Alassane Ouattara het ‘n beroep op die parlement gedoen om ‘n nuwe grondwet te aanvaar.

Ouat­tara het in sy herverkie­singsveldtog verlede jaar beloof om die grondwetlike vereiste te verwyder dat presidentskandidate se ouers natuurlik gebore Ivoorkusburgers moet wees. Dit is ’n teer punt in ’n land wat vir lank immigrante uit naburige lande getrek het.

Nasionaliteit was die middelpunt van die krisis wat in 1999 tot ’n staatsgreep gelei het en die oorsaak was van die 2002-2003-burgeroorlog, wat die Wes-Afrikaland die afgelope agt jaar verdeel gelaat het.

In die konsepgrondwet wat Ouattara Woensdag in die parlement voorgelê het, word die klousule versag wat in die verlede sy opponente verhinder het om as kandidate in verkiesings te staan. Dit het ook ’n simbool van uitsluiting van inwoners van die noordelike gebiede geword. Hierdie inwoners se familiebande strek dikwels oor grense.

“Hierdie is die geleentheid om ’n nuwe blaadjie om te slaan en agtereenvolgende krisisse in die land agter die rug te kry en ’n nuwe maatskaplike onderneming aan te gaan,” het Ouattara aan wetgewers in die nasionale vergadering gesê.

Ouattara is in 2010 verkies, al het sy oorwinning ’n tweede oorlog ontketen waarin minstens 3 000 mense dood is, nadat pres. Laurent Gbagbo geweier het om die nederlaag te aanvaar.

Gbagbo staan nou in die internasionale geregshof tereg vir misdade teen die mensdom.

Die parlement het tot 15 Oktober om die teks van die grondwet goed te keur vóór dit by wyse van ’n referendum op 30 Oktober aan die publiek voorgelê word.

Ander wysigings verwyder die maksimum ouderdomsbeperking van 75 jaar vir presidentskandidate en maak dit ook makliker om die grondwet in die toekoms te wysig.

Opposisiepolitici en burgerlike samelewingroepe het die proses om die grondwet op te stel, gekritiseer en sê dit is sonder konsensus en deursigtigheid gedoen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.