Amerikaanse student dood in klippereën buite Addis Abeba

Deel op

‘n Navorsingstudent aan die Universiteit van Kalifornië se departement plantbiologie, is in Ethiopië dood toe die voertuig waarin sy gery het, tydens oproer aan die buitewyke van die hoofstad, Addis Abeba, met klippe bestook is.

Volgens die universiteit was Sharon Gray in die Oos-Afrikaland vir ‘n vergadering oor haar navorsing toe sy gedood is.

Die Amerikaanse ambassade in Addis Abeba het haar dood in ‘n gebied wat die afgelope maande die toneel van dodelike betogings was, bevestig.

Gray is die eerste buitelander wat in die anti-regeringsopstand dood is, terwyl die onluste wat sedert November 2015 heers, reeds die lewens van honderde geëis het.

Vredestroepe van Ethiopië wat onder die Verenigde Nasies se sending in Suid-Soedan (UNMISS) ontplooi is, patrolleer intussen te voet buite die VN se beskermingsgebied vir burgerlikes in Juba.

Die VN het aangekondig dat, vanweë ’n toename in seksuele geweld buite die beskermingsgebied, UNMISS sy patrollies in en om die gebied verskerp het en vroue en jong meisies vergesel wanneer hulle in die wyer Juba-stadsgebied beweeg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.