Thailand deporteer Hongkong-aktivis

Deel op

Die Hongkong-aktivis vir “demokrasie”, Joshua Wong, het Woensdag na Hongkong teruggekeer nadat hy deur die junta-beheerde Thailand gedeporteer is.

Hy sou in Thailand deelgeneem het aan betoging om die “massamoord van studente-aktiviste te herdenk”.

Hy en sy ondersteuners gee egter China die skuld vir sy aanhouding, en nie Thailand nie.

Die 19-jarige Wong, bekend vir sy rol in Hongkong se mislukte “sambreel-beweging”van 2014, is met sy aankoms op Bangkok se Suvarnabhumi-lughawe­ vir 12 ure aangehou voordat hy na Hongkong teruggestuur is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.