Mesaanval op twee polisielede is terreur sê Belgiese aanklaer

Die Belgiese federale aanklaer sê die mesaanval waarin twee polisiemanne beseer is, was daad van terreur.

Volgens die Belgiese polisie was die twee polisiebeamptes ten tyde van die aanval in private kleredrag geklee. Hulle het nie enige lewensbedreigende beserings opgedoen nie.

Die Moslemverdagte, Hicham Diop asook sy broer is in polisieaanhouding, het aanklaer gesê.

Volgens ’n polisiebeampte het die aanvaller van die toneel probeer vlug, maar hy is deur ’n polisiebeampte in die been geskiet.

Die aanval het in die Schaerbeek-gebied in die noorde van Brussel plaasgevind.

Dit volg twee maande nadat twee polisievroue in die suidelike Belgiese stad Charleroi gewond is toe hulle aangeval is deur ’n man met ’n kapmes bewapen en wat “Allahu Akbar” (God is groot) geskree het.

Die Islamitiese Staat-groep (IS) het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.

Brussel is steeds in skok nadat ISIS-selfmoordbomaanvalle in Maart op ’n moltreinstasie en by die stad se lughawe die lewe van 32 mense geëis het.

Die bomme vir die Brussel-aanvalle en die November 2015-aanvalle in Parys is in Schaerbeek vervaardig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.