Die voormalige Sosialistiese premier van Portugal, Antonio Guterres sal later vandag amptelik deur die Veiligheidraad bekragtig word as kandidaat vir die amp van sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies.
As hoof van die UNHCR se vlugtelingagentskap tussen 2005-2015, het Guterres het die agentskap deur die wêreld se ergste vlugtelingkrisisse gelei, naamlik Sirië, Afghanistan, Irak.
Na ses stemgeleenthede het Guterres dertien uit die vyftien lede van die Veiligheidsraad se stemme gehad, en twee lede het buite stemming gebly.
Die finale formele stemming in die Veiligheidsraad vind vanoggend om 10-uur Amerikaanse tyd plaas. Die Algemene Vergadering moet die aanwysing bekragtig.
Sy toetrede tot die politiek kom van 1976 na Portugal se staatsgreep.
Daar was teleurstelling onder die veldtogvoerders wat vir ‘n eerste vroulike sekretaris-generaal gehoop het of ‘n kandidaat uit Oos-Europa, ‘n gebied wat nog nooit die posisie beklee het nie.
Die Russiese ambassadeur by die VN het Guterres se aanstelling verwelkom.