Die nie-amptelike doodsure op SA paaie

Deel op

As jy tuiskom tussen 18:00 en 02:00 per motor oor ‘n naweek, tel jouself onder die gelukkiges.

Daardie tyd van die nag is die nie-amptelike “doodsure” op Suid-Afrika se paaie, volgens verkeersbeamptes.

Dronkbestuur, spoed en ‘n gebrek aan toesig is die hoofredes dat die paaie minder veilig raak tydens hierdie ure, sê amptenare. maar ‘n mens kan waarskynlik onpadwaardige voertuie, roekelose taxi-bestuurders en gekoopte lisensies daarby voeg.

Volgens ‘n verkeersbeampte het ‘n bestuurstoesigverslag wat verlede week ter tafel gelê is by die provinsiale wetgewer oor noodlottige ongelukke, daartoe gelei dat die herstrukturering van skofte vir verkeersbeamptes hersien gaan word.

Gauteng se verkeersbeamptes sê die meerderheid van hulle is aan diens vanaf 06:00-10:00, maar verlaat die provinsie se paaie wat dan met onvoldoende polisiëring op die mees kritieke tyd te kampe het.

Gauteng, wat die hoogste aantal voertuie op die pad het in vergelyking met ander provinsies, sukkel reeds om met ‘n doeltreffende strategieë vorendag te kom om die dodelike ongelukke op sy groot paaie te beperk.

Maniere waarop verkeersbeamptes ontplooi kan word op ‘n 24-uur-basis met die voorneme om padsterftes te bekamp, word tans ondersoek. Die verkeerspolisiedienste kan aanstons as ‘n noodsaaklike diens verklaar word in ooreenstemming met die Wet op Arbeidsverhoudinge van 1995.

Naweke is meer problematies as gevolg van mense wat onder die invloed bestuur en lang afstande reis.

Vir diegene wat onkapabel wil raak oor die naweek, is dit dalk ‘n plan om eerder ‘n diens soos Uber te gebruik om veilig tuis te kom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.