Hofgeding kom teen Stellenbosch se anti-Afrikaanse taalbeleid

Deel op

Die Stellenbosch Universiteit sê hy bestudeer nog dokumente wat ‘n pro-Afrikaanse steungroep by die hof ingedien het.

Die groep, “Gelyke Kanse”, vra dat die Wes-Kaapse Hooggeregshof die universiteit se nuwe taalbeleid ter syde stel.

Volgens die nuwe beleid sal Engels van aanstaande jaar af die primêre onderrig- en administratiewe taal wees.

Die groep waarsku dat die universiteit miljoene aan trustgeld kan verloor as Afrikaans sy status by die instelling verloor.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.