Betogers het nie geloofwaardige eise nie

Gratis onderrig, gratis beurse, gratis vervoer, gratis verblyf en gratis kos. Dit is die jongste eise van swart oproeriges wat bereid is om geweld te gebruik om dit aan universiteite op te dwing.

In ‘n stemposnota het ‘n swart student Woensdag gewaarsku dat die betogers binnekort ‘n wit student gaan vermoor om hul “rewolusie” te laat eskaleer.

Voorheen was dit klagtes teen klasgeldverhogings en daarna uitbarstings, vandalisme, en brandstigting oor die dienskontrakte van skoonmakers.

Kennelik is enige kwessie goed genoeg om ‘n grief te word wat tot die sinnelose vernietiging van tersiêre instellings sal lei. Dit sluit ook sluipmoorde op wit studente in.

Dat die oproeriges nie geloofwaardige eise het nie, raak al hoe duideliker en dit sal studente wat wil studeer loon om dadelik van hul universiteite se bestuur ontslae te raak.

Talle universiteite regoor die land is steeds vandag gesluit nadat hernieude betogings die week uitgebreek het.

Wits en die Universiteit van Kaapstad het akademiese aktiwiteite opgeskort nadat klasse vir ‘n rukkie hervat is, omdat die leierskap een of ander politieke speletjie speel met die oog daarop om van president Zuma ontslae te raak.

Die betalende studente wat ingeskryf het om te studeer se regte word eenvoudig deur Adam Habib (Wits) en Max Price (UK) geminag. Maar niemand eis hulle bedankings nie.

Die DA, te vreesbevange om nie verlinks te lyk soos die EFF nie, swyg in alle tale.

Dieselfde het by die Universiteit van die Wes-Kaap en die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie gebeur.

Ander tersiêre instellings soos die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth is ook gesluit.

Klasse word by die Durban Universiteit van Tegnologie onder polisiebewaking voortgesit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Vicky Moriarty

    Het hulle in 76 geloofwaardige eise gehad?

    • G

      Natuurlik nie, maar hoe anders kon die Hoggenheimers oorneem as sonder geweld?

      • Vicky Moriarty

        Hulle het nie met geweld oorgeneem nie, die land is op ‘n skinkbord oorhandig.

        • G

          Die skinkbord het kon verskyn met die verskoning van geweld. Anders sou die Afrikaners snuf in die neus gekry het.

          • Vicky Moriarty

            Die Afrikaners is met die “Soma” (Brave New World) van internasionale sport bedwelm. Baie Afrikaners soos Jaap Marais en daai soldaat uit Rhodesia het presies geweet wat aangaan in die middel 80s. Maar manne soos Hansie Cronje en Francois Pienaar is deur Mandela gebruik om die Afrikaner se Nasionalistiese gevoelens vanaf die slagveld na die sportveld te verskuif.

  • Dit is interisant dat dit juis die Links gesinde Universiteite van die 80’s is

  • Rifrug

    Wat is die verskil tussen gratis en verniet? Sipho gaan gratis universiteit toe, maar dit is alles verniet …

  • Rooikop

    Die kinders wat die liberalebeweging gebaar het is nou besig om die beweging op te vreet – As jy nie ‘n kind met sy “terrible twos” uitsorteer nie dan kry jy ‘n belhamel vir grootmens – presies wat nou hier gebeur want liberale tugtig mos net met woorde.

  • WB

    Die sitbokke moet nie dink dat doodmaak gaan net van die een kant afkom nie want as hulle dit doen dan sal ons ook moet terug baklei en vir hulle wys wie is baas!

    • Dave

      Jy klink nie ouer as 14 nie.

      • WB

        Oo so jy is ook een van daai trassies wat like om by die goed te le?libtard